20 ml olie
600 g hoendervlerkies
1 ui, in stukkies gekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
1 groen soetrissie, in repies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
25 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
15 ml fyn komyn
8 kardemonpeule
300 g rou rys
800 ml water
1 x 410 g blik appelkoosstukke
100g kasjoeneute
sout en peper na smaak
Verhit olie in kastrol.
Braai hoendervlerkies tot bruin.
Voeg knoffel, soetrissie en smaakmiddels by, en braai vir 5 minute.
Voeg die res van bestanddele by, en kook vir ongeveer 40 minute oor stadige hitte tot rys gaar is.
Moenie die gereg roer nie.
Meng liggies deur voor jy opskep.
Bedien warm.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za