800 g hoenderstukke
500 g sampioene, in stukkies gesny
1 ui, gekerf
4 knoffeltoontjies, fyngekap
20 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml sout
10 ml blatjang
15 ml hoenderspeserye
1 ml swart peper
2 steranys
4 kardemompeule
2,5 ml komyn
2,5 ml vinkel
1 x 410 g blikkie tamatiestukke in tamatiesous
halwe 410 g blik water
1 x 410 g blikkie klappermelk
25 ml botter
Braai die uie en knoffel in botter.
Voeg die sampioene by en braai vir ‘n paar minute.
Geur met die droë bestanddele.
Verwyder van pan.
Braai die hoenderstukke bruin.
Voeg die gebraaide uie, knoffel en sampioene terug in die pot saam met die hoender.
Meng die blikkie tamaties en halwe blik water by.
Laat kook vir 5 minute.
Voeg die klappermelk by.
Laat dit vinnig kook.
Verlaag die hitte.
Laat dit verder op mediumhitte kook tot gaar.
Bedien met rys.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za