250 ml bruismeel
10 ml bakpoeier
2,5 ml Aromat
1 ml gemaalde swart peper
150 ml gerasperde cheddarkaas
50 ml gerasperde ui
100 g sagte botter
125 ml suiker
2 eiers
80 ml melk
25 ml Marmite
50 ml botter
100 ml gerasperde cheddarkaas
100 ml gekerfde biltong
Smeer n broodpan met botter.
Meng die meel, bakpoeier, Aromat en peper.
Klits die botter en suiker saam.
Voeg die eiers een vir een by, en meng goed.
Meng die meelmengsel by die bottermengsel.
Voeg die fyn uie by, en meng goed.
Plaas die deeg in ‘n broodpan wat in die lugbraaier sal pas.
Voeg die 150 ml kaas bo-oor die deeg.
Verhit die lugbraaier tot 180 grade.
Plaas die broodpan in die lugbraaier en bak vir 15 tot 20 minute tot gaar.
Meng die Marmite en botter, en smeer oor die tert sodra die tert gaar is.
Sprinkel die kaas oor die tert.
Bak vir nog 5 minute.
Spprinkel die gekerfde biltong op die tert.
Sny skywe en bedien.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za