300 g gaar pampoen, fyngedruk
1 eier
1 ml sout
15 ml vlapoeier
250 ml bruismeel
5 ml bakpoeier
olie
Lemoensous
300 ml suiker
250 ml lemoensap
125 ml melk
30 ml botter
Meng die pampoen en eier in ‘n mengbak.
Sif die droë bestandele by, en meng goed.
Verhit die olie in ‘n kastrol.
Skep die pampoenmengsel met ‘n lepel in die olie, en braai tot goudbruin en gaar.
Dreineer die poffers op kombuispapier, en skep dit in ‘n mooi opdienbak.
Lemoensous
Voeg al die bestanddele in ‘n kastrol en verhit dit.
Roer tot die suiker heeltemal opgelos het.
Lata dit vir 5 minutye kook.
Giet die stroop oor die warm poffers – maak seker dat dit heeltemal met die lemoensous bedek is.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za