2 lemoene
1 pomelo
1 suurlemoen
water
suiker
Was vrugte goed af, en sny dit in kwarte en verwyder alle pitte.
Maak dit fyn volgens jou voorkeur met ‘n voedselverwerker, of maal of sny dit in dun skyfies.
Voeg by elke koppie (250 ml) van die sitrusmengsel 2½ koppies water (625 ml).
Laat dit oornag staan.
Kook die sitrusmengsel die volgende oggend tot dit sag is (ongeveer n halfuur).
Verwyder van die hitte en meet die pulp af – vir elke koppie moes (250 ml) gebruik jy 1 koppie suiker.
Voeg die moes en die suiker in die pot, en kook stadig tot die suiker opgelos is.
Kook verder tot verlangde dikte (ongeveer ‘n uur).
Toets met die pierringmetode of handdoekrolmetode.
Laat dit ‘n bietjie staan om af te koel.
Bottel die konfyt in gesteriliseerde flesse.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za