1,5 kg beesstertstukke
1 pakkie beesstertsoppoeier
olie
4 lourierblare
2 blokkies beesaftreksel
500 ml water
60 ml volroom sjerrie
1 middelslagui, gekap
4 groot wortels, in ringe gesny
10 jong aartappels
125 g sampioene, gesny
2 Granny Smith-appels, ontpit en gerasper
1 x 410 g blik tamatie- en uiesmoor
10 ml sout
85 g melksjokolade
Strooi die helfte van die pakkie soppoeier oor die beesstertstukke.
Verhit die olie in ‘n groot swaarboomkastrol, en braai die vleis tot goudbruin.
Voeg die res van die bestanddele by.
Laat dit kook vir minstens 3 uur tot die vleis van die been af loskom.
Breek die sjokolade bo-oor en roer goed deur tot dit smelt en met die sous meng.
Laat dit vir ‘n halfuur prut.
Bedien met rys of stampmielies.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za