Kors
1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngedruk
50 ml botter, gesmelt
Vulsel
500 ml melk
20 ml botter
60 ml vlapoeier
50 ml suiker
knippie sout
Bolaag
1 blik kondensmelk
100 ml suurlemoensap
Meng die fyngedrukte beskuitjies en botter saam.
Druk dit op die bodem van ‘n gesmeerde tertbord vas.
Verhit 400 ml van die melk en die botter saam tot warm.
Meng die vlapoeier, suiker en die res van die melk tot dit ‘n pasta vorm.
Voeg van die warm melk by die vlapasta, en roer tot goed gemeng.
Plaas dit terug in die kastrol, en verhit oor lae hitte tot warm, terwyl jy dit roer word.
Laat dit prut oor stadige hitte tot dit verdik het en gaar is.
Voeg die warm vla bo-op die krummelkors.
Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam.
Sodra die vla afgekoel het, skep die kondensmelkmengsel bo-op, en smeer gelyk.
Plaas in die yskas om te verkoel voor bediening.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za