Skip to content

Tegnologie met Blaine

Potgooi

Tegnologie met Blaine

'n Weeklikse program waarin die wêreld van tegnologie en die jongste ontwikkelinge - plaaslik en internasionaal - onder die loep kom. Gaste sal inloer om die tendense en produkte te bespreek en luisteraars met wenke en vars nuus te verras.

Tegnologie met Blaine: Is verbod op sosiale media vir jong kinders werklik die antwoord?

Tegnologie met Blaine: Is verbod op sosiale media vir jong kinders werklik die antwoord?

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-10-08

8 Oktober 2026: Hoe oud moet ’n kind wees voordat hulle op TikTok, Instagram of ander sosiale platforms behoort te wees? Is ’n ouderdomsperk of selfs ’n verbod op sosiale media vir jong kinders werklik die antwoord? Ons praat met die kuberwelstandkenner, dr. Marlena Kruger, oor kinders, sosiale media en die impak daarvan op hulle ontwikkeling en welstand.

Tegnologie met Blaine: Digitale geletterdheid

Tegnologie met Blaine: Digitale geletterdheid

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-10-01

1 Oktober 2026: Martin Potgieter van Integrity360 praat oor digitale geletterdheid, en hoekom dit vandag veel meer beteken as om net te weet hoe om ’n selfoon, rekenaar of toepassing te gebruik. Ons kyk na hoe ’n beter begrip van die digitale wêreld ons kan help om kuberbedreigings, swendelary en ander risiko’s raak te sien voordat dit ’n probleem word.

Tegnologie met Blaine: Hoe skadelik is die blou lig van skerms? Wanneer is sosiale media verslawend?

Tegnologie met Blaine: Hoe skadelik is die blou lig van skerms? Wanneer is sosiale media verslawend?

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-09-24

24 September 2026: Ons spandeer al hoe meer tyd voor skerms. Wat doen al daardie blou lig aan ons? En wat van mense wat sê hulle ervaar simptome wanneer hulle aan elektromagnetiese velde blootgestel word? Kuberkenner dr. Marlena Kruger kyk ook na ’n ander moderne uitdaging – sosialemedia-verslawing. Sy verduidelik wat ons daarvan weet, waar die wetenskap nog vrae het, en hoe ons tegnologie op ’n gesonder manier kan gebruik.

Tegnologie met Blaine: Die tegnologie van terugvoerbeheer

Tegnologie met Blaine: Die tegnologie van terugvoerbeheer

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-09-17

17 September 2026: Hoe kry jy ’n hommeltuig om veilig deur ’n stad te vlieg, ’n robot om oor ongelyke terrein te beweeg, of ’n vliegtuig om sy vlug te herstel ná ’n onverwagte probleem? Die antwoord lê onder meer in iets wat ingenieurs terugvoerbeheer noem. Blaine Jones praat met prof Japie Engelbrecht, Departementshoof van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, oor die tegnologie wat help om satelliete, vliegtuie, hommeltuie, robotte en selfs jou elektriese waterverwarmer slimmer en meer akkuraat te laat reageer.

Tegnologie met Blaine: Hoe maklik kan kubermisdadigers jou persoonlike inligting steel?

Tegnologie met Blaine: Hoe maklik kan kubermisdadigers jou persoonlike inligting steel?

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-09-10

10 September 2026: Kubermisdadigers teiken nie net groot maatskappye nie, jy kan ook ’n slagoffer wees. Digitale kenner Pierre Jacobs verduidelik die taktiek wat boewe gebruik, en wat jy moet doen om te voorkom dat jy ‘n slagoffer word.

Tegnologie met Blaine: WhatsApp-veiligheidsrisiko vir vroue

Tegnologie met Blaine: WhatsApp-veiligheidsrisiko vir vroue

Kategorie: Tegnologie met Blaine2026-09-03

3 September 2026: WhatsApp het ‘n alledaagse deel van ons lewe geword, maar vir baie vroue kan ‘n eenvoudige boodskap of WhatsApp-groep ‘n ernstige veiligheidsrisiko word. Daar is toenemend gevalle waar vals werksaanbiedinge op WhatsApp gebruik word om vroue te lok, waarna hulle uitgebuit word. In ander gevalle word vroue in werksverwante WhatsApp-groepe blootgestel aan vreemdelinge wat toegang tot hulle persoonlike nommers en inligting kry.