RSG Bekbasaar: Agter Die Tunes – Johan Stemmet en die impak van Noot vir Noot
S1E20: Die grootste en gewildste musiekprogram op Suid-Afrikaanse TV die afgelope paar dekades, is beslis Noot vir Noot. Barrie Ferreira praat met Johan Stemmet, wat die program vir amper 30 jaar aangebied het, oor die rol van musiekprogramme in die plaaslike musiekbedryf. Johan vertel hoekom Noot vir Noot so gewild was, hoekom hy besluit het om uit te tree uit die program, en hoekom musiekprogramme nie meer so gewild is soos wat dit was nie. Hy word ook op die proef gestel met ’n Raai-die-liedjie-uitdaging om te sien of hy 50 Randjies sou kon wen…





