Skip to content

Willie se suurlemoen-en-appelmarmalade

RESEPTE

Willie se suurlemoen-en-appelmarmalade

Willie se suurlemoen-en-appelmarmalade

By: Willie Strauss
Willie se suurlemoen-en-appelmarmalade

Bestanddele

5 suurlemoene, in skywe gesny
kookwater
3 Granny Smith-appels, in kwart gesny en klokhuise verwyder
appelsap
suiker

Metode

Bedek die suurlemoenskywe met kookwater, en laat staan dit oornag.
Giet die water die volgende dag af.
Plaas die suurlemoenskywe in ‘n kastrol.
Rasper die appels met die ski aan.
Voeg dit by die suurlemoenskywe.
Giet genoeg appelsap oor die suurlemoen en appel om dit te bedek.
Kook dit tot dit pap is.
Skep die pulp uit die kastrol, en weeg dit.
Voeg 500 g suiker by vir elke 500 g pulp.
Plaas die mengsel in die kastrol.
Roer oor lae hitte.
Die mengsel moenie kook voor al die suiker nie gesmelt het nie.
Kook die marmalade tot dit begin borrel, en maak seker dat dit nie brand nie.
Doen die pierringtoets om te kyk of die marmalade gereed is.

Deel nou