Skip to content

Regsake

Potgooi

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Regsake: Agterstand by Meesterskantoor in Johannesburg

Regsake: Agterstand by Meesterskantoor in Johannesburg

Kategorie: Regsake2026-09-07

7 September 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat onder meer oor die voortslepende agterstand van die Meesterskantoor in Johannesburg. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor die regte van lewensmaats in terme van die intestate erfreg, onderhoudseise teen bestorwe boedels en eise vir verlies aan onderhoud ná die dood van ‘n lewensmaat in ‘n motorongeluk.

Regsake: Vroue se erfreg; Surrogaatskap

Regsake: Vroue se erfreg; Surrogaatskap

Kategorie: Regsake2026-08-31

31 Augustus 2026: Prokureur Susan de Wet praat in die die laaste episode van die reeks oor vroue en die reg oor die ontwikkeling van vroue se erfreg. Familieregkenner Riëtte Oosthuisen praat oor surrogaatskap in Suid-Afrika.

Regsake: Maritale mag; Padongelukkefonds vertraag afhandeling van boedel

Regsake: Maritale mag; Padongelukkefonds vertraag afhandeling van boedel

Kategorie: Regsake2026-08-24

24 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die vierde episode oor vroue en die reg oor maritale mag. Prokureur Susan de Wet beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor die Padongelukkefonds, wat verband hou met ‘n eis wat na jare nie uitbetaal is nie, en ‘n boedel wat as gevolg daarvan nie afgehandel kan word nie.

Regsake: Nuwe wetgewing oor kinders en sosiale media

Regsake: Nuwe wetgewing oor kinders en sosiale media

Kategorie: Regsake2026-08-17

Est-Marié McCallahan praat in die derde van vyf insetsels oor vroue en die reg, oor die ontwikkeling van vroue se stemreg. Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor nuwe wetgewing, en hoe dit die veiligheid van kinders sal beïnvloed in ‘n wêreld wat deur sosiale media oorheers word.

Regsake: Vrouedag; Die aanstuur van WhatsApp-boodkappe

Regsake: Vrouedag; Die aanstuur van WhatsApp-boodkappe

Kategorie: Regsake2026-08-10

10 Augustus 2026: Prokureur Est-Marié McCallahan praat in die tweede aflewering vroue en die reg oor Vrouedag. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek ‘n onlangse saak oor WhatsApp-boodkappe wat aangestuur is, en of die aanstuur daarvan moontlik haatspraak aangehits het of nie.

Regsake: Vroue en die reg; Bekentenisse

Regsake: Vroue en die reg; Bekentenisse

Kategorie: Regsake2026-08-03

3 Augustus 2026: In die eerste van vyf aflewerings in ‘n reeks oor vroue en die reg vertel prokureur Est-Marié McCallahan oor hoe die regstelsel ontwikkel het sodat vroue ook toegang kon kry tot regsberoepe. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.