Skip to content

Willie se geroosterde tamatiesop

RESEPTE

Willie se sop

Willie se geroosterde tamatiesop

Willie Strauss

Bestanddele

8 tamaties
2 rooi soetrissies, saad uitgehaal en in kwarte gesny
1 ui, in kwarte gesny
30 ml olyfolie
7 knoffeltoontjies, met skil
1 liter water
2 blokkies knoffel-en-groente geursel
3 ml gerookte paprika
2 ml rissievlokkies
sout en peper na smaak

Metode

Verhit die oond tot 180 grade.
Spuit ‘n oondpan met kleefwerende sproei.
Plaas die tamaties, soetrissie, uie en knoffel in die oondpan.
Sprinkel die olie bo-oor maak seker dat alles bedek is met die olie.
Bak vir 30 tot 45 minute. Die kante van die groente kan maar verkleur, dit gee ekstra geur aan die sop.
Haal die pan uit die oond, en duk die knoffeltoontjies uit hulle huisies.
Plaas die gebakte groentemengsel in ’n voedselverwerks, en pols tot alles fyn is.
Plaas 750 ml water in ‘n kastrol saam met die geurblokkies.
Meng die fyn groentemengsel met die water.
Voeg die gerookte paprika en fyn rissievlokkies by.
Geur met sout en peper.
Kook vir 20 minute oor ‘n matige hitte.
Bedien warm.

Deel nou

Deel nou