Dr. André Vermeulen het sy loopbaan en kundigheid gewy aan die neurowetenskap van leer en menslike prestasie. Hy praat oor die fyn skakel tussen handskrif en breinaktiwiteit, die waarde daarvan om pen op papier te sit teenoor die konstante getik op skerms, en hoe hierdie bewuswording ons kan help om ons geheue, leerpotensiaal en kognitiewe vermoëns in ‘n digitale wêreld te herstel.
Trauma steek in jou lyf vas
Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ‘n kliniese sielkundige, oor hoe trauma in jou liggaam vassteek, en hoe jy weer balans kan vind. Hulle praat oor implisiete geheue, die twee kante van die senuweestelsel, en hoe jy uit ’n traumadraaikolk kan beweeg.
Sy deel praktiese hulpmiddels soos pendulasie, SIBAM en Ho’oponopono, en verduidelik hoe emosionele selfsorg en sagtheid jou veerkragtigheid kan herstel.
Luister hier: Geestesgesondheid 24 Junie 2025