Luister weer: “‘n Onverwagse Krismisboks”

ʼn Onverwagse Krismisboks uit die pen van Christo Davids op Donderdag 7 Mei is ‘n roerende werk uit die argief en is in 2013 as deel van RSG se eerste kunstefees uitgesaai.

Margot Luyt het die regie behartig met Ivan Abrahams, Theresa Cloete, Dean Balie, Kim Cloete, Hein Poole, Sue Pyler-Slabbert, Johan Stassen en Deirdre Wolhuter in die rolverdeling.

‘n Onverwagse Krismisboks is beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Christo Davids

Die storie

Margie, ’n toegewyde verpleegster by Tygerberg Hospital, werk lang en uitputtende skofte om haar twee kinders, Zelda en Zak, te onderhou nadat haar man Henry haar jare tevore verlaat het.

Zelda raak swanger ná ’n verhouding met George – ’n getroude man – wat druk op haar plaas.

Zak word gearresteer vir die aanranding van ’n vrou aan wie hy dwelms verkoop het.

In ’n ironiese wending word Henry, Zak se afwesige pa, sy prokureur wat self intussen deur sy tweede huwelik is en nou alleen is.

Hierdie omstandighede dwing die gesin om weer bymekaar te kom oor Kersfees, waar ou wonde, skuld en moontlike versoening na vore kom.

“Swem in die see, al het jy nie hare nie, leef jou lewe…”

“Dokter, gaan ek nou dood?” het die 26-jarige jonggetroude Janica Theron gevra toe sy met borskanker gediagnoseer word. Haar chemoterapie, immunoterapie, dubbele mastektomie en bestraling het voorgelê.

Haar reis was nie maklik nie en met tye wat sy baie baie siek.

Watter emosies moes haar jong man verwerk?

En hoe het sy fisiek en emosioneel en hy emosioneel verander tydens en ná die hoopvolle, maar traumatiese reis?

Marí Hudson gesels met Janica en Dewalt Theron oor hul ervaring met kanker en kankerbehandeling en noudat hulle neuse weer bo die water is.

Luister na die volledige gesprek hieronder.

Janica en Dewalt Theron

HET JY GEWEET?
Pasiënte en hul geliefdes ervaar baie emosies ná ‘n ernstige en lewensbedreigende diagnose, en dit is belangrik dat beide die pasiënt en die geliefde ondersteun word.


JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…
Die inligting kan pasiënte met kanker hoop gee en laat besef dat ander kankerlyers ook vrese, trauma, vertwyfeling, magteloosheid en hoop ervaar.

Janica op haar troudag in Julie 2023. “Ek lyk nou anders. Ek het lang hare gehad, my borste lyk anders en die behandeling het my gewig laat optel. Ek lyk anders en voel anders. Ek kyk in die spieël en ek is nie meer dieselfde as voorheen nie.”

“Soek die positiewe”

Luister ook na die kanker-reis van Dirk Malan, adjunk-hoof en laerskool- wiskundeonderwyser van Laerskool Swartland in Malmesbury. Hy en sy vrou, Mariaan, deel hul ervaring van diagnose, behandeling, teleurstelling en nuwe hoop, tot hy einde Maart vanjaar weer aan die SA tweekamp kampioenskap deelgeneem en voltooi het.

Mariaan en Dirk Malan

Bespreek en woon die Cancer Survivors Day by

Op Saterdag 16 Mei kan alle kankerpasiënte en hul familie of vriende ‘n spesialen oggend by Die Bron teater in Willowbridge sentrum naby die Tygervallei sentrum in die Skiereiland bywoon. Jy kan jou storie met ander deel, hoor wat vir ander hoop gegee het en waarmee jy en ander sukkel.
Kontak Hilani du Toit van PACSO by 021 939 7790 of info@pacso.co.za.

Ons 2e radiodramaseisoen van 2026

RSG se eerste radioteaterseisoen van 2026 is ‘n fees van eietydse en klassieke werk. Luisteraars word egter vanuit die staanspoor bederf met die wendramas van 2025 se RSG en ATKV radiodramaskryfkompetisie.

21 Mei: ‘n Slang in die gras (Argief)
‘n Slang in die gras op Donderdag 21 Mei deur Chris Majiedt was die tweede prys wenner van die 2013 RSG radiodramaskryfkompetisie.

Slang en sy groepie helpers versamel kosbaarhede, veral koper en aluminium, by die asgate om te verkoop. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. En daar is min genade vir dislojaliteit.

Met Chris Majiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Keenan Herman, Royston Stoffels en André Samuels in die rolverdeling en Eben Cruywagen as regisseur.

28 Mei: Hartsake
Joe Kleinhans vertel in Hartsake op Donderdag 28 Mei die storie van die akteur Joshua (Robbie Wessels) wat op die kruin van sy sepieloopbaan staan, maar ‘n onverwagse wending ondergaan tydens ‘n roetine-ondersoek.

Luan Jacobs het die regie behartig met Renske Jacobs, Kaz McFadden, Imarie Oberholzer, Antowan Nothling en Elzabé Zietsman in die rolverdeling.

4 Junie: 1,2,3 Blok myself
Die aktrise-sangeres Karen Wessels is terug met haar drama 1,2,3 Blok myself op Donderdag 4 Junie.

Soos Monika (Natasja Jacobs) se werklikheid begin verbrokkel, word die luisteraar saamgeneem in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om begrawe te bly. Die rolverdeling word verder gevul deur Pierre Breytenbach, Amanda Strydom, Zane Meas, Pietie Beyers en Jakkie Groenewald.

11 Junie: Amadeus
Sir Peter Shaffer sou in Junie vanjaar ‘n 100 jaar oud geword het. Om dié Britse ikoon en skrywer te vier, saai RSG die treffer, Amadeus, op Donderdag 11 Junie om 20:00 uit. Die teks is spesiaal vir die radio deur Nerina Ferreira vertaal en verwerk. Wyle Margot Luyt het die regie meesterlik behartig.

Uit die vele samesweringsteorieë oor Wolfgang Amadeus Mozart se dood is die weergawe van die komponis, Antonio Salieri, seker die bekendste. André Rossouw vertolk Salieri en die gevierde verhoogregisseur Marthinus Basson Mozart. Ander spelers is Shirley Ellis, Dawid Minnaar, Herman Pretorius, Paul Malherbe, Pieter Cilliers, Dawie Ackerman, Johan Rademan, Jan Lombard en Pieter Bredenkamp.

18 Junie: Potplant
Kabaret in radioteater is nie iets wat dikwels gehoor word nie. Karli Heine het haar kunstefeestreffer, Potplant, vir die radio verwerk met oorspronklike musiek en toonsettings deur Grethe van der Merwe.

Op Donderdag 18 Junie debuteer die radio-akteur en sanger Dean Balie as regisseur met Eben Genis, Marion Holm, Ester von Waltsleben, Lochner de Kock, Karli Heine en Joanie Combrink in die rolverdeling. Kantoorpolitiek word gesien deur die oog van die potplante wat soms as alledaags beskou word. Maar wat is aan die gang as niemand kyk nie?

25 Junie: Liesbet
Die seisoen word meesterlik op Donderdag 25 Junie afgesluit met ‘n nuwe radiodrama deur Leon van Nierop.

Liesbet is ‘n verhaal wat so sterk met Van Nierop geresoneer het dat hy eenvoudig die storie moes neerpen en opneem. Waar daar eers florerende, mooi stasies was, is daar deesdae maar min van oor. Maar wanneer ‘n nuwe toeristeroete uitgelê word, word die gesteelde spore vervang en word ‘n stoker opdrag gegee om ‘n legendariese ou lokomotief te restoureer. Terwyl hy dit doen, klim ‘n seun met ernstige leer- en leesprobleme (disleksie) van ‘n bus af. Hy kan saam met die stoker na sy eindbestemming in die lokomotief ry indien hy instem om die reuse-staalgedierte te was en te poleer. Gedurende hierdie reis het die twee ‘n onuitwisbare invloed op mekaar. Met Deon Lotz, Rico Immelman en Ria Smit.

Reeds uitgesaai

2 April: Meeu-rus deur Jana Nortier
Die seisoen begin op Donderdag 2 April met die derde plek wenner, Meeu-rus, deur Jana Nortier. Christelle Webb-Joubert is die regisseur en Juanita de Villiers haar regterhand saam met die spelers Ryno Hattingh, Kim Cloete, De Waal Stemmet, Stephanie Baartman, Christine Voorendyk en Francois van Rensburg in die rolverdeling.

Meeu-rus is die verhaal van Stefan wat die familieplaas erf na sy pa se afsterwe. Elna en Hein, Dawid se kinders uit sy huwelik, betwis die testament en roep die hulp van Landi Arendse in. Landi het egter ‘n geheim van haar eie.

Die spelers

Lees en luister meer: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/rsg-nou/vanaand-meeu-rus-open-radiodramaseisoen/

3 April: Die Herbergier deur Esta Steyn
Op Goeie Vrydag (3 April) om 14:00 kan die gewilde skrywer Esta Steyn se Die Herbergier gehoor word. Dié bekroonde radiodrama handel oor die herbergier van Betlehem wat nou in Jerusalem by sy oudste seun woon toe Jesus 33 jaar later gekruisig word. Hulle word onder andere gekonfronteer met die onvermydelike van sy teregstelling. Die regisseur is Helena Hugo met Cobus Visser, Gigi Strydom, Martin Jansen, Bertha le Roux-Wahl, Eswé Bruwer en Anrich Herbst in die rolverdeling.

9 April: Gebakte pere deur Karen du Toit
Marnus se eerste dag op universiteit kon nie met ’n groter skok begin het nie. Emma daag ná maande se stilswye skielik by die woonstelblok waarin hy sal tuisgaan op met die nuus dat hy die pa van ’n kind is. Sy laat die baba in die drie woonstelmaats se sorg, en sê sy het die fopspeen in haar motor vergeet. Sy kies die hasepad.

Karen du Toit is as gesamentlike naaswenner aangewys in RSG se 2025 Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV. Die regisseur is Lelia Etsebeth, met Christopher van der Westhuizen, Dihan Keun, JJ Roberts, Izel Bezuidenhoud, Marina Coetzee en Gretha Brazelle in die rolverdeling.

Kyk en luister meer: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/rsg-nou/luister-weer-na-gebakte-pere/

16 April: Suikerbek
Suikerbek deur Ingrid Penzhorn wat ook met die tweede prys bekroon is, is te hore op Donderdag 16 April met Johan Rademan as regisseur.

Carolien is ’n mediese student wat finansieel noustrop trek. ’n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur ’n gesellin vir ’n welgestelde man te wees. Die rolverdeling bestaan uit Minke Marais, Conradie van Heerden, Karli Heine, Deon Lotz en André Weidemann.

23 April: Kalahari sterre
Die algehele wendrama van verlede jaar, Kalahari sterre volg op Donderdag 23 April en is uit die pen van Adam Willemse.

Boeta (Dean Balie), Benji (André Samuels), Lulu (Wessel Pretorius) en Paul (Eben Genis) bied ʼn vertoning aan wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir ʼn konserwatiewe, plattelandse gehoor. Kommer, sukses, vergifnis en herstel van verhoudings is waarmee die karakters gekonfronteer word in dié radiostorie. Die ander spelers is Susanne Beyers en Royston Stoffels. Joanie Combrink het die regie behartig.

30 April: Bloed van my
Die wenner van die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) is JJ Roberts met Bloed van my, op Donderdag 30 April.

Broederlike liefde bots met ‘n noodlottige verlies en Simeon en Meyer moet hulle pad deur dié uitdaging vind. Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.

7 Mei: ‘n Onverwagse Krismisboks (Argief)
‘n Onverwagse Krismisboks uit die pen van Christo Davids op Donderdag 7 Mei is ‘n roerende werk uit die argief en is in 2013 as deel van RSG se eerste kunstefees uitgesaai.

Margie is ‘n verpleegster by die Tygerberg-hospitaal, waar sy baie keer dubbelskof werk om te probeer voorsien vir haar twee kinders, Zelda en Zak. Margot Luyt het die regie behartig met Ivan Abrahams, Theresa Cloete, Dean Balie, Kim Cloete, Hein Poole, Sue Pyler-Slabbert, Johan Stassen en Deirdre Wolhuter in die rolverdeling.

14 Mei: Tant Martjie
Op Donderdag 14 Mei kan daar ingeskakel word vir Groete van Tant Martjie deur Paula Hartzenberg met Sean Brebnor, Rika Sennet, Anton Dekker, Bertha le Roux-Wahl, Mada Oosthuizen en Louise Eksteen in die rolverdeling.

‘n Vreemdeling klop aan Thomas se woonsteldeur en stel homself bekend as Bruwer Groenewald. Voordat Thomas dit regkry om die deur in sy gesig toe te druk, speel Bruwer nog sy troefkaart: “Jou tant Martjie stuur groete”. Mari Snyman het die regie behartig.

Wat in die water laat die lastige waterhiasint so welig groei?

Wat is in die water wat die waterhiasint so welig laat groei?

David Cochrane van Spoor & Fisher gee duidelikheid oor planttelersregte.

Waaruit bestaan ‘n dag in die lewe van ‘n Australiese skaapskeerder? Charl Rogers is ‘n Suid-Afrikaner wat in Australië as skaapskeerder werk, en ons medewerker, Carin Venter, gesels met hom.

Luister weer: Jong Skrywer wendrama “Bloed van my”

Die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) van die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV is JJ Roberts met Bloed van my, wat op Donderdag 30 April uitsaai.

Broederlike liefde bots met ‘n noodlottige verlies en Simeon en Meyer moet hulle pad deur dié uitdaging vind. Dis ‘n storie met ‘n diep persoonlike oortuiging. Die skrywer het deur ‘n soortgelyke ervaring gegaan.

Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.

Luister na Bloed van my, deur JJ Roberts, Donderdagaand 30 April in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Die storie

 

Meyer is Simeon se ouer broer. 18 Maande tevore is hul ouers in ’n motorongeluk dood en Meyer moes sy studies staak en as Simeon se voog optree terwyl hy sy laaste twee jaar op skool voltooi.

 

Simeon worstel met ’n skuldgevoel omdat hy ná ’n partytjie gearresteer is en sy ouers hom by die polisiestasie moes gaan haal, maar onderweg daarheen het hulle verongeluk. Dit lei tot allerlei probleme tussen die twee broers, totdat hulle openlik oor hulle ouers se dood praat en hulle verhouding herstel word.

 

Oor die skrywer – JJ Roberts

 

Roberts is gebore en getoë in Upington. Hy voltooi ‘n graad in onderwys by die NWU Potchefstroom en verhuis na Pretoria in 2021. Daar voltooi hy ‘n kursus in drama en word ‘n voltydse vryskut kunstenaar in die vermaaklikheidsbedryf.

 

JJ Roberts

 

JJ was al te sien in verskeie musiekblyspele en te hore in radiodramas, vervolgverhale asook die vervaardiger en aanbieder van Kortom op RSG. As skrywer het ‘n paar teaterstukke en kortverhale al uit sy pen gevloei.

 

“Ietsie interessant van my is ek is tans besig om ‘n persoonlike argief op te bou van teaterstukke, veral Afrikaanse teaterstukke. Ek vind hulle is uniek en die moeite werd om te bewaar. Ek bou ook ‘n persoonlike argief op bestaande uit potgooie van beide Afrikaanse en Engelse radiodrama ’s. Dit is vir my ‘n besonderse interessante medium wat grensverskuiwend is met klank en die verbeeldingswêreld wat saam met dit kom,” vertel JJ.

 

Nota van die regisseur

Eddie de Jager het die drama opgeneem en het so getrou as moontlik die teks benader, veral met die gebruik van musiek en byklanke wat die leefwêreld en emosies van die storie vasvat.

 

“Die drama volg ‘n duidelik struktuur wat die reis van elke karakter tot ‘n gevolgtrekking bring wat die luisteraar in staat sal stel om self afleidings te maak. Die universele temas soos verlies, volwassenheid en liefde laat jou met genoeg stof tot nadenke verweef in ‘n vermaaklike en opvoedkundige storie om dit ‘n wenteks te maak.”

 

Die spelers

Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.

 

 

 

 

 

 

Lewende organismes só aangepas om diep in oseane te lewe

Daar is lewende organismes diep in die oseaan, wat onder sulke ekstreme druk leef dat hulle selle fisies anders gebou is. Ons hoor hoe lewe kan aanpas by toestande waar ’n mens binne sekondes sou sterf, en wat dit vir ons begrip van lewe self beteken.

Lig kan miljarde jare lank deur die ruimte reis sonder om “moeg” te raak, omdat dit nie energie verloor soos gewone bewegende voorwerpe nie. Wat sê dit vir ons oor die aard van die heelal.

Lees meer oor die diepste dele van die oseane: https://www.nautilusshipping.com/news-and-insights/deepest-parts-of-the-ocean

SA landboutegnici op voorpunt van alkoholvrye wyn

Ons vind meer uit van die navorsing wat tot dusver gedoen is alkoholvrye wyn. Soos die internasionale vraag daarna verhoog, is Suid-Afrikaanse landboutegnici op die voorpunt van nuwe produkontwikkeling.

‘n Kunsmatige intelligense-toepassing is ook onlangs bekendgestel om reuk- en smaakbeskrywings soos ‘perske’ of ‘vanielje’ netjies te koppel aan natuurlike plaaslike terme is ses van ons amptelike tale.

‘n Dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, dr. Jeanne Brand, verduidelik.

Is jou lewe ‘n blote herhaling van ou patrone?

Jy dink jy is net “besig”, maar jou brein is dalk oorlaai en afhanklik van konstante stimulasie. Skerms verander nie net hoe jy dink nie, dit verander waaraan jy gewoond raak. Het jy nog die vermoë om stil te wees, of het jou brein dit verloor?

Baie van jou keuses in liefde, werk en konflik is eintlik ou patrone uit jou kinderjare wat hulleself herhaal. Ons ontmasker die idee van “ek is net so”, en vra: Hoeveel van jou lewe is werklik ’n keuse, en hoeveel is ’n herhaling?

Omstrede BELA-wette 1e keer in hof getoets

Die omstrede BELA-wette is die eerste keer in die hof getoets in ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes. Die Noordwes Onderwysdepartement is deur die Swartruggens Gekombineerde Skool hof toe gevat oor ‘n hele aantal kinders wat sonder meer in die skool geplaas is. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van die skolebeheerliggaam-organisasie, Fedsas, dr. Jaco Deacon.