RSG luisteraars kan vanaf April uitsien na ’n splinternuwe oggendprogram op Saterdae, aangebied deur Sue Pyler Slabbert.
SaterdagSprankel sal elke Saterdag van 10:00 tot 13:00 op lug wees en reisinsetsels, landbounuus, die gewilde Saterdagresep nou Sterre in die Kombuis, nuus oor snuffelmarkte, fiksheid, pretaktwiteite vir die hele gesin en ‘n verskeidenheid vermaak bevat.
Sue was voorheen mede-aanbieder van Op en Wakker op RSG en is steeds die samesteller en aanbieder van Kapityt, elke Saterdagaand net na die 21:00-nuus. Sy is in 2017 deur die Afrikaanse Taalraad met ‘n Kokertoekenning vereer. Daarby is sy ‘n veelsydige aktrise wat selfs in gewilde RSG radiovervolgverhale soos Die spoke van Duinebult gehoor is.
“Ek sien uit daarna om te leer hoe om meer kreatief te wees by die huis, interessante plekke te besoek soos proefeeste en staproetes asook hoe om beter om te sien na my algemene welstand,” sê Sue. “Luisteraars sal beslis by al die gesprekke baat vind en dit dan in hul eie lewens kan toepas. Ons verf, eet en ploeg saam tussen 10 en 1, elke Saterdag op RSG.”
NaweekAktueel, aangebied deur Esté de Klerk, volg op Saterdae om 13:00 en dan Vastrap, met Willem Viljoen as aanbieder, om 14:00 en Goue Oues, saamgestel en aanbied deur Eloise Cupido, om 15:00.
Carla Mackenzie skuif om 16:00 agter die mikrofoon in vir Top Treffers wanneer sy reg om die wêreld reis om die jongste treffers en nuwe uitreikings met luisteraars te deel.
RSG Sport is dan vanaf 17:00 tot 19:00 en die res van die Saterdagaandprogram is onveranderd.
Vrydae en Donderdae
Reggie Philander gaan voortaan Vrydagaande langer saam met luisteraars kuier. Skud dit word verleng tot en met middernag en sal dus vanaf 21:20 tot en met 00:00 op lug wees.
Tegnologie met Blaine, wat elke Dinsdag- en Donderdagoggend in Op en Wakker as ’n insetsel uitgesaai is, word nou ’n volwaardige program. Blaine Jones is steeds die aanbieder en dit sal elke Donderdagaand net na Islam in Fokus volg. Skakel dus om 22:20 in of luister op potgooi.Die Sondagskedule asook die res van die week se programme bly onveranderd.
Nog ‘n nuwe stem
Die akteur Eddie de Jager, bekend om sy rolle in rolprente soos Ballade vir ‘n enkeling enTreurgrond, sal voortaan as kontinuïteitsomroeper op RSG gehoor word. De Jager, wat ook by RSG Drama betrokke is, sal elke tweede Sondagoggend vanaf 06:00 luisteraars geselskap hou.
“RSG se luisteraars is lojaal en uitgesproke en laat daagliks van hulle hoor,” het Kobus Burger, RSG se programbestuurder, gesê. “Die lekkerste lekker is om al die voorstelle te konsolideer en vir luisteraars meer te gee van dit waarna hulle smag en ook die inhoud en omroeperspoel te vergroot.”
Vir meer inligting besoek RSG se webblad by rsg.co.za.
Sondagaand, 6 April om 19:00, begin ’n splinternuwe reeks episodes van Wat het jy in jou hand, saam met Lizelle de Bruin van RSG se Binnekamer. “Wat het jy in die hand” is ’n program oor gewone mense wat buitengewone verandering bring.
Elke episode vertel die storie van iemand wat met min begin het, maar met deursettingsvermoë en passie ’n verskil in hul gemeenskap gemaak het. Of dit nou ’n klein besigheid, ’n kreatiewe projek of ’n sosiale inisiatief is, hierdie mense wys dat jy nie alles hoef te hê om iets groots te bou nie – jy het reeds genoeg in jou hand.
Hierdie seisoen ontmoet ons inspirerende individue wat uit niks iets besonders geskep het. Van entrepreneurs wat gemeenskapswerk skep tot leiers wat hoop bring in moeilike tye – hulle stories sal jou motiveer om na jou eie vermoëns te kyk en te vra: Wat het ek in my hand?
Met elke episode kry jy insig in hoe hulle uitdagings oorkom het en hoe jy dieselfde kan doen, ongeag waar jy is of waarmee jy begin.
Die reeks skop af met die vroue van Ukutunga in die Laeveld wat met gehekelde diere kos op die tafel sit.
Lizelle gesels onder andere ook met die kerkraad van die Môrewag gemeente in Primrose oor die planne wat hulle maak om die boeke te laat klop en die kerk se deure oop te hou. Ons hoor van sokker afrigters wat leierskapsontwikkeling doen en vele meer sulke stories vanoor die hele Suid-Afrika, van die Weskaap, deur die Vrystaat en Gautng tot in die Laeveld.
Moenie hierdie opwindende nuwe seisoen misloop nie! Skakel in op Sondagaand 6 April om 19:00 en laat jou inspireer deur mense wat bewys dat klein beginne groot impak kan hê. Deel ook jou gedagtes en eie storie met ons op sosiale media – wie weet, dalk is jou storie die volgende wat vertel word!
Die tema “Wat het jy in jou hand?” is geïnspireer deur die idee dat elke persoon reeds iets waardevols het – of dit nou talent, hulpbronne of unieke omstandighede is. Hierdie reeks fokus op individue en gemeenskappe wat kreatief en vindingryk gebruik maak van wat hulle tot hul beskikking het om ‘n positiewe impak te maak op hul geloofsgemeenskappe en die breër samelewing. Die tema sluit aan by die Bybelse beginsel van rentmeesterskap en die gebruik van jou gawes tot eer van God.
Die reeks van 13 episodes word aangebied deur Lizelle de Bruin.
Voorgestelde episodes vir opvolg:
Grootte Kerk, Kaapstad
Intergeloofsgesprek en hoe verskillende gelowe saamwerk in die stad.
Twee Torings, Bloemfontein
Die kerk se fokus op behoeftes in die middestad en gemeenskapsbediening.
Nasionale Kruger Wildtuin gemeente
Die rol van stopers in die geloofsgemeenskap en hoe hulle betrokke is.
VGKSA, St Helenabaai
‘n Vissersgemeenskap se geloofsprojekte en samewerking.
Bikers Kerk
Hoe hierdie unieke geloofsgemeenskap mekaar ondersteun en diens doen.
Maranatha Gemeente
‘n Voorbeeld van hoe kreatiewe projekte die geloofsgemeenskap bou.
Katolieke Kerk, Natal
Onderhoud met Ds. Jacobus de Bruin oor hul gemeenskapswerk.
Die NG Kerk in Matjiesfontein (Wes-Kaap)
Hierdie Victoriaanse styl kerk in die klein historiese dorpie wys hoe ‘n klein gemeente erfenis kan gebruik om besoekers te trek en die geskiedenis te bewaar.
Die Boomkerk (Magoebaskloof, Limpopo)
‘n Kerk wat geheel en al uit lewende bome bestaan, simboliseer die eenheid tussen natuur en geloof.
Die St. Augustine’s Katedraal (Port Elizabeth, Oos-Kaap)
Bekend vir sy gemeenskapswerk, wys hierdie kerk hoe groter geloofsgemeenskappe hul hulpbronne kan gebruik vir sosiale impak.
Op 6 April skop twee nuwe Sondagmusiekreekse en ‘n geloofsreeks af:
14:00 – 14:30 – Allan se stories. Die nuwe Sondagmiddag-musiekreeks is Allan se stories. Dr Allan Dyssel het al ver en wyd gereis in Suid-Afrika en oorsee. Aanvanklik was hy deel van die vermaaklikheidsbedryf in SA, maar hy het gou tot die besef gekom dis slegs ‘n handjievol wat suksesvolle loopbane sou hê. Hy slaan toe ‘n ander rigting in vir stabiliteit en spits sy aandag op farmaseutiese wese.
Vir 13 episodes neem ons graag luisteraars op ‘n reis deur sy lewe met stories en musiek. Die aanbieders is Sue Pyler en Allan Dyssel.
14:30 – 15:00 – Reis op klassiek. Die tweede nuwe Sondagmiddag-musiekreeks neem jou op ‘n reis van noord na suid, oos na wes met die musiek van klassieke komponiste van A tot Y – komponiste van Argentinië tot in Ysland.
Interressante feite oor die land, kos, interressante musiek en inligting oor die komponiste sal te hoor wees. Reis saam met komponiste soos onder andere Argentinië se Astor Piazolla tot Ysland se Johann Johannson. Die samesteller en aanbieder is Tharien Oosthuizen
Skisofrenie is ‘n geestestoestand wat gekenmerk word deur ‘n gebrek aan sinvolle en logiese denkprosesse.
Persone wat hieraan ly, ervaar dikwels ‘n breuk met realiteit, wat veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat vir die meeste ander mense nie bestaan nie. Die vreemde gedagtes wat die skisofreen teister, en die buitengewone vrese waaronder hy of sy soms gebuk gaan, kan daartoe lei dat hulle deur die samelewing as snaaks of abnormaal ervaar word.
As die toestand nie reg bestuur en beheer word nie, kan dit dus tot ernstige probleme op ‘n sosiale en werksvlak lei.
Die kleur van lakens is ‘n dokumentêr deur Tharien Oosthuizen.
In die dokumentêr fokus Tharien op die werk van ‘n trauma berader en kuier sy by Rian Steenkamp in die ongevalle, waar hy vertel hoe vinnig ‘n lewe verloor kan word as daar nie vinnig opgetree word nie.
Persone wat trauma beleef is bang en onseker, en het ondersteuning nodig om hulle deur hierdie donker tyd te neem. Dit is hier waar traumaberaders ‘n baie belangrike rol speel. Hulle is die spreekbuis tussen die familie, die pasiënt, en die traumachirurg. Tharien Oosthuizen het tyd spandeer met Rian Steenkamp, ‘n traumaberader by Netcare Milpark in Johannesburg, en met drie mense wat deur trauma geraak is.
Tharien skryf die volgende oor die dokumentêr:
Daar is nie ‘n enkele mens wat nie geraak word deur trauma nie. Of dit nou trauma is van iemand naby jou wat erg seer gekry het en of dit trauma is omdat jy iemand aan die dood afgestaan het nie.
Milpark Netcare
Dit is nie net die familie wat om die bed in ‘n trauma eenheid staan wat hierdie angstigheid beleef nie. Die pasiënt wat die besering opgedoen het, beleef op sy of haar eie manier ook trauma.
In die afgelope paar jaar het Netcare die besluit geneem om gebruik te maak van trauma beraders, nie net vir die pasiënt nie, maar ook vir hulle personeel.
Persone wat trauma beleef is bang, onseker en het ondersteuning nodig om hulle deur hierdie donker tyd te neem. Dit is hier waar trauma beraders ‘n baie belangrike rol speel. Hulle is die spreekbuis tussen die familie, die pasiënt en die trauma chirurg.
In die Netcare fasiliteit, Milpark Hospitaal, is daar ‘n spesiale trauma eenheid, wat die Trauma Resus afdeling genoem word.
Ernstige gevalle, wat nie by ander hospitale hanteer kan word nie, word in hierdie afdeling hanteer. Die trauma chirurge wat hier werk, is nie net betrokke by die private hospitaal nie, maar werk ook in staatshospitale.
Die Netcare hospitaal maak dan gebruik van trauma beraders om hulle by te staan. Die nood vir hierdie tipe hulp het veral begin ontstaan na 2020, toe ons gekonfronteer was met Covid.
Rian Steenkamp
Daarom dat die Trauma Resus fasiliteit nie net die vinnigste X-straal-masjien het nie, maar ook so ingerig is dat ‘n pasiënt se bors onmiddellik daar in die eenheid opgemaak kan word om die hart te masseer.
Trauma resus eenheid
Rian Steenkamp, traumaberader in die ongevalle eenheid, vertel hoe vinnig ‘n lewe verloor kan word as daar nie vinnig opgetree word nie.
Ek gesels ook met mense wie se pad met Rian Steenkamp, die trauma berader, gekruis het en hoeveel dit vir hulle beteken het dat hy hulle kon gerusstel of net kon bystaan in daardie oomblikke van onsekerheid en angs.
Rian Steenkamp vertel ook oor hoe hy aangeraak word deur elkeen wat oor sy pad kom en wat hy doen om aan homself te werk, want jy kan nie apaties staan teenoor die persoon op die bed wat besig is om te veg vir sy of haar lewe nie.
In die onderhoud vertel Rian Steenkamp dat trauma ‘n „gelykmaker“ is – wie jy ook al is, ‘n eienaar van ‘n florerende besigheid of iemand wat nie eers ‘n dak oor die kop het nie, of jy in ‘n privaat hospitaal se trauma eenheid is of in ‘n staatshospitaal se trauma eenheid, as jy op daardie bed lê is almal dieselfde – afhanklik van die hande wat jou lewe probeer red en die berader wat jou hand vashou.
Tharien Oosthuizen en Erika SteynNog gesels met Rian SteenkampTharien en Eugenie Muller in onderhoudRian Steenkamp skryf sy naam op die bord
Ons delf in die wêreld van manifestasie, en ondersoek die idee dat ons gedagtes, emosies en bedoelings die krag het om ons werklikheid te vorm. Voorligtingsielkundige Luricka Fick deel praktiese wenke en tegnieke om die krag van manifestasie te benut om ons doelwitte en drome te bereik. Sy bespreek die wetenskap agter manifestasie, insluitend die rol van die neurowetenskap. Sy deel ook hulpbronne op haar webwerf, wat kan help om jou doelwitte te aktualiseer.
Die beoordeling van Afrika se grootste en oudste suiwelkompetisie, die 192ste SA Suiwel Kampioenskappe, is afgehandel. Hoofbeoordelaar Graham Sutherland beklemtoon dat innovasie deelname bevorder.
Dr. Huibre Schreuder het onlangs haar doktorale studies in plantpatologie voltooi. Sy praat oor haar navorsing oor swartstam op canola.
Professor Johan Fourie van die Departement Ekonomie by die Universiteit Stellenbosch verduidelik hoe mense langer leef te danke aan gehalte landbouprodukte en innovering in dié sektor.