19:30 - 20:00

Sterre en planete

Met Willie Koorts

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Kommentaar

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Tuis | Aanbieders | Carla Mackenzie
Carla Mackenzie small web

Carla Mackenzie is Spitstyd se regisseur. Sy  is ‘n radio- en TV-aanbieder en vervaardiger, wat meer as 10 jaar ondervinding in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf het.  Tesame met haar radiowerk bied sy ook die gewilde TV-program, Musiek Paniek, op VIA aan.

In haar vrye tyd is sy besig met die eiendomsmark en het twee huise in Johannesburg bekom. Sy beskou haarself as ‘n amateur kuns- en rooiwynversamelaar, en is baie trots op haar oorspronklike Portchie wat in haar huis in Johannesburgse hang.

Carla is ‘n ywerige sportvrou en het voorheen hokkie vir Suid-Afrika gespeel. Sy bly fiks deur in haar vrye tyd bergfiets te ry en sokker en tennis te speel. Carla was in Augustus 2021 een van Laureus se Sport for Good– ambassadeurs.

Sy het in Stellenbsosch grootgeword, by die Universiteit Stellenbosch studeer, en het voorheen sewe jaar by Jacaranda FM gewerk as aanbieder van die Top 20 en as vervaardiger en digitale hoof van die ontbytspan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: