1 koppie koekmeel
1 eier
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
2 eetlepels botter
1 eier van ‘n vryloophen
100 ml melk
Sous
700 ml water
30 ml botter
2 eetlepels kaneelsuiker
Meng die sout, meel en bakpoeier.
Vryf die botter by die meel tot dit krummels vorm.
Klits die melk en eier saam.
Meng die meel en melkmengsel goed saam.
Sous
Meng al die bestanddele in ‘n kastrol en roer tot suiker gesmelt is.
Kook oor medium hitte vir 10 minute.
Skep lepels vol van die deeg in die stroop.
Bedek die kastrol met ‘n deksel.
Kook vir 20 minute. Moenie die deksel oopmaak nie!!!!!!! Moenie die deksel ooooopmaak nie!!!!!!!!!!
Strooi ekstra kaneelsuiker oor. Moenie suinig wees nie. Wees eerder suinig met die verjaarsdaggeskenk vir jou graad 1 kind se juffrou.
Bedien met vla.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za