Tayfun het in Ankara in Turkye grootgeword. Daar maak hulle tradisioneel van ‘n vuurherd gebruik om kos te kook. By sy huis gebruik Tayfun dieselfde medium. ‘n Pizza-oond kan ook vir hierdie doel gebruik word.
Tayfun het in Ankara in Turkye grootgeword. Daar maak hulle tradisioneel van ‘n vuurherd gebruik om kos te kook. By sy huis gebruik Tayfun dieselfde medium. ‘n Pizza-oond kan ook vir hierdie doel gebruik word.
500 g beesmaalvleis
1 klein ui, gerasper
1 knoffelhuisie, gerasper
1 teelepel sout
1 teelepel paprika
1 teelepel oregano
1 teelepel swartpeper
2 teelepels komynpoeier
halwe koppie broodkrummels
3 tamaties
3 aartappels
3 eiervrug
2 rooi soetrissies
1 eetlepel tamatiepasta, verdun met ‘n halwe koppie water
100 g botter, in blokkies gesny
Meng die vleis, ui, knoffel, sout, paprika, oregano, swartpeper, komyn en broodkrummels goed deur.
Laat dit vir ‘n uur in die yskas rus.
Sny die groente in skyfies, en die soetrissie in kwarte.
Vorm gholfbalgrootte frikadelle, en druk dit plat.
Pak die groente en die plat frikadelle tussendeur regop in ‘n bak in ‘n spiraalvorm.
Giet die tamatiepastamengsel oor die groente en frikadelle.
Plaas die botter plek-plek op die groente en frikadelle.
Bak teen 180 tot 200 grade Celsius vir 45 tot 60 minute.
Bedien met rys en brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za