125 ml botter
2 blokkies beesaftreksel
7 ml paprika
2 ml biltonggeursel of vleisspessery
250 ml koekmeel
500 ml melk
2 liter warm water
300 ml cheddarkaas, gerasper
250 g biltong, fyngesny
100 g bloukaas, gekrummel
15 ml port
Smelt die botter in ‘n groot kastrol.
Krummel die beesaftrekselblokkies daarin.
Strooi die paprika en biltonggeursel by en roer alles goed deur.
Voeg die meel by en roer tot die mengsel begin borrel.
Giet die melk en warm water stadig by die meelmengsel.
Roer aanhoudend tot die sop begin kook en verdik.
Die sop moet oor lae hitte prut en nie vining kook nie.
Strooi die gerasperde cheddarkaas, biltong en bloukaas by die sop net voor dit kookpunt bereik.
Roer die sop goed deur sodat die bestanddele geurig met mekaar kan vermeng.
Los die sop om so stadig op die stoof te prut.
Voeg die port by voor opdiening.
Strooi ‘n bietjie biltong en bloukaas in elke sopbakkie voor jy die sop inskep.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za