19:30 - 20:00

Sterre en planete

Met Willie Koorts

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Kommentaar

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 23:00

Dis opera

Met Charl van Heyningen

Tuis | Aanbieders | Renaldo Schwarp
Renaldo Schwarp small web

Renaldo Schwarp is van Pretoria afkomstig en het in 2012 sy dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf, met ‘n spesiale fokus op media en uitsaaiwese. Dit is ook op die einste Matie-kampus waar Renaldo sy radio-tande geslyp het, toe hy in sy tweedejaar by die kampusradiostasie, MFM as omroeper en vervaardiger aangesluit het.

Sedertdien woeker Renaldo op verskeie platforms, onder andere, as omroeper, TV aanbieder, bekroonde rubriekskrywer en filmmaker. Hy is ook die skrywer van topverkoper Afrikaanse boek, SKEEF wat in 2021 deur Lapa Uitgewers uitgegee is. Die boek is geskoei op Renaldo se gelyknamige SHOWMAX-dokumenter wat ook by verskeie internasionale filmfeeste gedraai in 2019 het.

Oor die jare heen het Renaldo verskeie toekennings vir sy werk in die Afrikaanse media ingepalm, insluitenend; ‘n Koker Jeugtoekenning van die Afrikaanse Taalraad, die Rektorstoekenning vir Uitmuntende Prestasie deur ‘n US-alumnus vanaf die Stellenbosch Universiteit, en meer onlangs ‘n streekstoekening in die Vodacom Joernalis van die Jaar wedstryd.

TV-kykers sal ook bekend wees met Renaldo aangesien hy ‘n bekende gesig op die kassie geword het, hy het sy loopbaan op die kleinskerm in 2017 op VIA TV begin en is tans ‘n aanbieder van kykNET se gewilde vermaakprogram, KassieKuiers. Sy werk op die draadloos sluit stasies soos OFM, CapeTalk en meer onlangs Jacaranda FM in.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: