OP DIE PAD NA ACAPULCO deur Chris Barnard

Simon en sy vrou, Mia, swerf deur ‘n oorloggeteisterde land op pad na Acapulco, ‘n simbool van die paradys of utopie. Die paradys bly onbereikbaar en hulle bly uitgelewer aan die geweld, maar die hoop hou hulle tog aan die gang. Die tragiese radiodrama word ‘n skrikwekkende voorstelling van hoe magteloos mens teen oorlog en geweld is, waar die vlug weg daarvan nie help nie, maar teengeweld ook nie. Op die pad na Acapulco word in 1974 ingeskryf vir die hoog aangeskrewe internasionale Italia-prys, en is ook in Engels, Frans en Serwies vertaal.