RSG Landbou 22 Augustus 2022

Hoe vergelyk die Suid-Afrikaanse Brangus-beesras met dié van Suid-Amerika? Federico Masinave was die beoordelaar by die SA Brangus-beestelersgenootskap se nasionale veiling en skou, en ons hoor wat hy te sê het. Boere van die Gamtoosrivier-vallei is afhanklik van water uit die Kouga-dam. Die vlak van dié dam is vir talle jare al baie laag. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad bring ons op hoogte. Coetzee Reitz gesels oor vanjaar se jongooi-veiling op Williston. Die gewildheid van dié skaap-en bokveiling het só toegeneem dat dit nou oor twee dae plaasvind.