18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Nou op die lug: 19:00 - 19:05

Nuus

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:20 - 19:30

Nal'ibali

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Driesestig

Donderdag 5 Maart 2020

Driesestig

Carina Bruwer vertel vir Johan Rademan van haar ervaring toe sy die eerste vrou geword het wat oor Nelson Mandelabaai in Port Elizabeth geswem het.

Woensdag 4 Maart 2020

Driesestig

Haidee Muller kuier by Suzie Mathys, alombekend as Antie Suzie in die Kuilsrivier-gemeenskap. Hierdie oud-onderwyser het onlangs 'n prys ontvang vir die bevordering van entrepreneurskap, nadat sy in haar sestigs besluit het om haar eie besigheid te begin. Haidee gesels met haar oor die prys, haar plattelandse grootworddae as een van nege kinders, en oor haar ma wat 94 jaar oud is en steeds streng is.

Dinsdag 3 Maart 2020

Driesestig

Marnus Kruger en Rachel Smal vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van die 161 gratis Wifi-punte wat hulle in Kaapstad aangebring het, wat eenmiljoen mense bedien.

Maandag 2 Maart 2020

Driesestig

Martelize Brink gaan op 'n tuintoer saam met botanis Ernst van Jaarsveld van Babylonstoren om eetbare vetplante in hulle tuine te verken.

Vrydag 28 Februarie 2020

Driesestig

Lelanie van der Merwe gesels met Johan Rademan oor haar seun se skaars siekte. Op die vooraand van Skaarssiektedag vertel Nina Vorster en dr. Careni Spencer van die voorkoms van hierdie siektes en die ondersteuning wat beskikbaar is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: