19:30 - 20:00

Kompas

Met Barrie Ferreira

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Oppiradio

Met Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 25 Mei 2016

25 May 2016

Meer as 2 miljard mense in die wêreld ly aan onderaktiewe tiroïedfunksie en dan is daar nog baie ander tiroïed probleme wat lyers se lewenskwaliteit inkort. Hoe werk die tiroïed (skildklier), wat is die oorsake, die simptome en die behandeling?

Woensdag 18 Mei 2016

18 May 2016

Gemiddeld 45% van die bevolking ouer as 60 jaar, ontwikkel osteo-artritis. As die knie-gewrig so beskadig is dat 'n knievervanging nodig is, is pleks van 'n totale knievervanging, in sommige gevalle slegs 'n halwe knievervanging nodig. Met 'n halwe knievervanging bly die knieligamente behoue en behou mens dus beter funksie van die knie. Maar wie is kandidate vir 'n halwe knievervanging en hoe bepaal dokters watter operasie vir wie die beste is?

Woensdag 11 Mei 2016

11 May 2016

Baie (ouer) vroue se blaas lek bloot as hulle hoes of nies. Ander kan eenvoudig nie knyp nie. Baie vroue is te skaam om hulp te soek. Marí Hudson gesels met 'n nuwe soort spesialis wat spesifiek na die probleme omsien. Sy bring ook nuus oor 'n nuwe doeltreffende sterilasiemetode vir vroue wat binne 5 minute en sonder narkose gedoen kan word.

Woensdag 4 Mei 2016

4 May 2016

Die meeste vroue ondervind simptome van premenstruele sindroom oftewel PMS. Maar sowat drie uit elke 100 vroue ly aan 'n ernstige graad van PMS en dit het nou amptelik 'n naam gekry, naamlik premenstruele disforiese versteuring. Daar is behandeling. Diagnosering en behandeling is belangrik want vroue wat aan die probleem ly, het 'n groter kans om aan nageboorte depressie te ly.

Dinsdag 26 April 2016

27 Apr 2016

Hoe werk tuberkulosemiddels? Hoe goed is die kans vir 'n kind met tuberkulose om genees te word indien hy behandel word?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: