23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 20 April 2016

20 Apr 2016

Tuberkulose in kinders is anders as tuberkulose in grootmense. Hulle steek gewoonlik aan by die een wat die meeste tyd met hulle deurbring. Dit kan nie net die longe aantas nie, maar ook die brein en ander organe. As dit egter vroeg gediagnoseer en reg behandel word, kan selfs kinders met uiters middelweerstandige tuberkulose herstel.

Woensdag 13 April 2016

13 Apr 2016

Baie paartjies droom van 'n baba van hulle eie, maar wat as die vrou om 'n mediese rede nie haar baba kan dra nie? Dan is haar droom in die hande van 'n surrogaat. Marí Hudson gesels met 'n bekende fertiliteitspesialis oor ova-skenking en -vriesing, surrogaat-swangerskap en die groot behoefte aan goedhartige surrogate.

Woensdag 6 April 2016

6 Apr 2016

'n Kaapstadse hartchirurg is die eerste en enigste in die land wat opgelei is om drie van die hart se vier kleppe deur 'n klein snit deur die ribbekas te herstel of te vervang sonder om die borsbeen oop te sny. Die materiaal wat in die herstelprosedures gebruik word, word deur die liggaam se eie endoteelselle omring en meer as 90% van pasiënte het nie, soos in konvensionele hartklepbvervangings, na sowat 10 tot 15 jaar 'n tweede hartklepvervanging nodig nie.

Woensdag 30 Maart 2016

30 Mar 2016

Het jy geweet dat die Herpes virus wat koorsblare veroorsaak, een van die dinge is wat die binne-oor kan aantas en vertigo veroorsaak? Vind ook uit hoe duiseligheid weens 'n probleem in die binne-oor, met oefening behandel kan word. Die brein kan geleer word om nie hipersensitief vir beweging van die kop te wees nie. 'n Vestibulêre fisioterapeut verduidelik.

Woensdag 23 Maart 2016

23 Mar 2016

Sowat 85% van alle voet- en been-amputasies by diabete is as gevolg van 'n ulkus-wond wat nie versorg is nie. Amputasie kan met soveel as 98% voorkom word.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: