06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Gustav Greyling
Renske Jacobs

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Regsake

Met Igna Klynsmith , Veronique van Heyningen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Gesondheid

Woensdag 2 Desember 2015

2 Dec

Weet jy as jong man hoe om DAARDIE selfondersoek onder die stort te doen? Twee onderwerpe word bespreek: testikulêre kanker en prikkelbare dermsindroom, oftewel spastiese kolon, as die eerste in 'n kort reeks oor dikdermprobleme.

Woensdag 25 November 2015

25 Nov

Die 'skielike' dood verlede week van Jonah Lomu, rugby se eerste superster, het niersiektes weer in die kollig geplaas. Hoe kan iemand met hierdie siekte sulke goeie rugby gespeel het, sonder duidelike simptome? En hoeveel nierfunksie het jy oor voordat dinge in jou liggaam in duie stort? Waar staan Suid-Afrika met nierdialise en -oorplantings?

Woensdag 18 November 2015

18 Nov

Dis Movember, en mans kweek snorre om bewustheid oor mansgesondheid te versterk. Dis een ding om 'n snor te kweek, maar hoeveel mans is mans genoeg om 'n uroloog te besoek vir 'n prostaatondersoek? Het jy geweet dat baie mans bo 50 jaar se prostaat self begin groei van die grootte van 'n okkerneut tot selfs so groot as 'n tennisbal? Dat die groeiende tennisbal baie strukture kan platdruk; dat dit sowat sewe tot 10 jaar duur vir prostaatkanker om te ontwikkel van die eerste foutiewe selverdeling tot diagnoseerbaar? Weet jy of jy 'n okkerneut of 'n tennisbal ronddra?

Woensdag 11 November 2015

11 Nov

Kan Ritalin studente sonder ADHD help om beter te konsentreer, of as eetlusdemper dien vir oorgewig mense? Hoe verwyder 'n dokter galstene wat agterbly ná verwydering van 'n galblaas? Wat moet diabete en gesonde mense se bloeddruk, cholesterol en glukosewaardes wees, en hoe belangrik is die vlakke?

Woensdag 4 November 2015

4 Nov

Het jy geweet dat sowat 70% van mense met maagsere, geen simptome het nie, al is 'n deel van die maagwand al vernietig tot op die spier? Het jy geweet dat sekere pynstillers die grootste oorsaak van maagsere is, en dat die skade wat dit aanrig niks te doen het met hoe dit aan die maagslymvlies raak nie?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: