23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Groeipyne

Donderdag 17 Desember 2020

Groeipyne 17 Desember 2020

Johan van Lill praat met Jan Viljoen, 'n kenner op die gebied van disleksie, oor hoe om kinders wat hiermee ‘n uitdaging ervaar, te help. Hoe kan ouers en versorgers sulke kinders se lewe makliker maak, en hoe moet ‘n mens oor disleksie dink?

Donderdag 10 Desember 2020

Groeipyne 10 Desember 2020

Johan van Lill praat met Sereen Gilliomee,‘n onderwyskundige, oor hoe om jou kind te help met lees by die huis.

Donderdag 3 Desember 2020

Groeipyne 3 Desember 2020

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor die “nuwe ABC van lees” en die rol wat vestibulêre ontwikkeling en luister in die leesproses speel. Daar is jare lank aangeneem dat die visuele sintuig die belangrikste rol speel in leesontwikkeling, maar onlangs is die teendeel bewys uit navorsing wat sy gedoen het.

Donderdag 26 November 2020

Groeipyne 26 November 2020

Johan van Lill gesels oor kosblikidees met Carmen Niehaus en Liezl Engelbrecht. Hulle vertel hoe die ideale kosblik moet lyk, en gee ook ‘n paar resepte. Carmen gee 'n heerlike hummus-resep, wat superkos is vir kinders. Dit kan ook as ‘n smeer gebruik word op bykans enige iets. Daar is ook resep vir muffinmengels wat jy vir 30 dae in die yskas kan hou.

Donderdag 19 November 2020

Groeipyne 19 November 2020

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe rolmodelvorming by kinders plaasvind. Hoe hanteer ek dit wanneer daar soveel invloede is van die skool, sosiale media en vriende wat ‘n groot impak het op my kind se rolmodelvorming?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: