15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Groeipyne

Donderdag 4 Desember 2014

4 Dec

Johan van Lill praat met Monique Strydom, bekende motiveringspreker en baie betrokke by nie-regeringsorganisasies wat kinders in nood bystaan, oor wat om te doen as jy vermoed 'n kind in die gemeenskap se veiligheid word bedreig.

Donderdag 27 November 2014

27 Nov

Die meeste ouers kan nie wag dat hulle kinders begin praat nie. Maar dan kom die groot verrassing – net omdat daar nou woorde uit jou kleinding se mond kom, beteken dit nie noodwendig dat jy en jou kleinding mekaar kan of wil verstsaan nie! Johan van Lill praat met Heidi Malan, 'n oueropleidingspesialis, oor hoe om met jou kinders te praat dat hulle na jou sal luister.

Donderdag 20 November 2014

20 Nov

Dis eksamentyd en almal weet dat 'n gebalanseerde dieet in hierdie stresvolle tye vir jou kind baie belangrik is – maar wat gee ek my kind om te eet tydens eksamentyd? Johan van Lill gesels met dieetkundige Andrea du Plessis oor breinkos en aanvullers tydens die eksamen. Andrea gee ook 'n heerlike smoothie-resep wat ideaal is vir eksamentyd.

Donderdag 30 Oktober 2014

30 Oct

Johan van Lill vertel hoe jy jou kind kan help om te studeer vir die eksamen. Hoe help jy jou kind om feite te onthou, moeilike begrippe baas te raak en om hulle werksgeheue te ontwikkel sodat hulle makliker kan leer? Baie kinders ondervind probleme om meer as drie tot vier goed op 'n slag te onthou, en Johan gee wenke oor hoe ouers hierdie vermoë van kinders kan ontwikkel.

Donderdag 23 Oktober 2014

23 Oct

Johan van Lill gesels met Annemie Daly, 'n opvoedkundige terapeut, oor alternatiewe terapie of nie-indringende terapie wat gebruik word om kinders te help met van gedragsprobleme tot by die verwerking van trauma. Diereterapie word al hoe gewilder en het opvoedkundige, sielkundige en emosionele voordele vir kinders.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: