13:05 - 14:00

Top Treffers

Met Carla Mackenzie

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

Willem Viljoen

Volgende: 15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kompas

Dinsdag 7 Julie 2020

Kompas 7 Julie 2020

Carlyn Oppelt, die Graad 12 Lewenswetenskappe Departementshoof van die New Orleans Sekondêre Skool in die Paarl, doen hersiening van die menslike voortplantingstelsel. Sy fokus op die organe wat belangrik is vir voortplanting, en die belangrikheid van die menstruele siklus.

Maandag 6 Julie 2020

Kompas 6 Julie 2020

Jamie Arnoldus gesels met Jooste Nel, 'n leerder aan die Hoërskool Montana in Pretoria, wat in 2021 vir die Franse rugbyklub, Agen, gaan speel. Karmen Wiid, 'n 19-jarige digter van Pretoria wat ook 'n Geesteswetenskappestudent is aan die Universteit Stellenbosch, vertel van haar eerste roman wat gepubliseer is toe sy 12 jaar oud was. Sy het in Junie vanjaar haar eerste digbundel gepubliseer.

Donderdag 2 Julie 2020

Kompas 2 Julie 2020

Die gebruik van sosiale media en die volg van influencers is gewilde onder jongmense. Jesme Swartz vertel wat 'n influencer is, en deel die moets en moenies van sosiale media.

Woensdag 1 Julie 2020

Kompas 1 Julie 2020

Tenita Kidelo gesels met Carin van Graan, 'n Wiskunde Geletterdheid-onderwyser van die CBC St. John' s Skool in Parklands. Hulle behandel die afdeling, Finansies, met die klem op die Werkloosheidverskeringsfonds, inkomstebelasting en salarisstrokies.

Dinsdag 30 Junie 2020

Kompas 30 Junie 2020

Hoe berei ons leerders voor vir die nuwe normaal van Covid-19 in die klaskamer? Arehan Brand praat met Dinise Priga-Ritter van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, om te hoor watter raad en bystand beskikbaar is vir onderwysers en ouers om leerders op 'n psigo-sosiale en sielkundige vlak te ondersteun.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: