11:05 - 11:45

Saterdagresep

Met Jaco de Waal

Nou op die lug: 11:45 - 12:00

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

Eloise Pretorius

Volgende: 12:00 - 13:00

Naweekaktueel

Met Anita Visser

13:00 - 13:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Kompas

Maandag 29 Junie 2020

Kompas 29 Junie 2020

Arehan Brand gesels met Elke van der Westhuizen en Brenda du Toit, twee topatlete van die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, wat binnekort aan Atletiek SA se 2020 Baan- en Veldkampioenskappe sal deelneem. Zandri Louw van die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria, wat as wenner van die 2020 Miss Pageants Online RSA skoonheidskompetisie gekroon is, kuier ook saam.

Donderdag 25 Junie 2020

Kompas 25 Junie 2020

Geslagsgebaseerde geweld teen vroue en kinders is steeds 'n ernstige kwaal in Suid-Afrika. Noudat die kwessie weer hoofnuus is, gesels Arehan Brand met Wessel van den Berg van Sonke Gender Justice in die Kaap hieroor.

Woensdag 24 Junie 2020

Kompas 24 Junie 2020

Arehan Brand praat met Zaida van der Berg, 'n bestuurder vir vroeë kinderontwikkeling by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, oor hoe jong kinders vaardighede ontwikkel en kennis opdoen deur middel van speel en kommunikasie.

Dinsdag 23 Junie 2020

Kompas 23 Junie 2020

Arehan Brand praat met Anita van Vuuren van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se e-leer-direktoraat oor hoe afstandsleer steeds kan plaasvind tydens die inperking, en van professionele ontwikkeling in digitale onderrig en leer vir onderwysers.

Maandag 22 Junie 2020

Kompas 22 Junie 2020

Arehan Brand gesels met Cilliers Diedericks, 'n leerder aan die Hoërskool Waterkloof en Pretoria se Junior Burgemeester, oor leierskap. Dominique Matthee, 'n leerder aan die Hoërskool Oos-Moot in Pretoria, wat onlangs gehelp het met die geboorte van 'n baba, vertel van hierdie voorval en al die ander dinge waarmee sy besig is in haar gemeenskap.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: