18:30 - 19:00

Aanddiens

Nou op die lug: 19:00 - 19:30

Só glo ek - die verhaal van godsdiens

Met Susan Booyens

Susan Booyens

Volgende: 19:30 - 20:00

Sterre en planete

Met Willie Koorts

20:00 - 21:00

Kommentaar

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Dokumentêr

Donderdag 8 Maart 2012

DIE PELGRIMS VAN NORWOODSTRAAT, ELSIESRIVIER deur Martelize Brink

Die ontwikkeling van musikale talent en die opheffing van die gemeenskap gaan hand-aan-hand in Elsiesrivier waar die Norwood Crusaders Kersfeesorkes jaar na jaar die note slaan.

Donderdag 23 Februarie 2012

CONRAD THEYS – ‘N SELFPORTRET deur Johan Rademan

‘n Loeriesfonteiner wat sy kuns later in Elsiesrivier geslyp het, het ‘n stewige impak op die Kaapse Impressionisme gelaat. In die volksmond staan hy bekend as die Kokerboomkoning, maar hy wil eerder die kokerboom tot koning verhef. Johan Rademan vertel die sonderlinge verhaal van een van Suid-Afrika se inspirerende kunstenaars, Conrad Theys. Hy is vereer met ‘n ere-doktorsgraad deur UNISA en het ook in 2010 tydens sy 70ste lewensjaar ‘n Eremedalje vir Skilderkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Donderdag 16 Februarie 2012

GEORGE BOTHA – GELYKHEID TOT DIE DOOD ONS SKEI deur Fritz Klaaste

Was die voortydige dood van George Botha ‘n rigtingwyser vir ‘n nuwe demokratiese Suid-Afrika? Hy het op 15 Desember 1976 in die berugte Sanlamgebou in Port Elizabeth gestref ná tien dae van aanhouding deur die Veiligheidspolisie. Hierdie onverskrokke en beginselvaste jong onderwyser het nie geskroom om die politieke ongelykhede van die vorige bestel te kritiseer nie.

Donderdag 9 Februarie 2012

REZA DE WET – DIE FORMIDABELE deur Margot Luyt

Die dramaturg, Reza de Wet, is op 27 Januarie oorlede. Haar werk word beskryf as grondverskuiwend en sy word ook beskou as een van die grootste Afrikaanse dramaturge.

Donderdag 26 Januarie 2012

VILLIERSDORP MET VLIEËNDE VAANDELS deur Loren Pienaar

In ’n gemeenskap met baie boere is dit nie vreemd dat hulle ‘n plan sou beraam nie... Toe Suid-Afrika se enigste oorblywende kool-stoomsleepboot, die Alwyn Vincent, skrootmetaal sou word, het Villiersdorp se mense koppe bymekaargesit om die boot te red. Loren Pienaar het gaan kyk wat onder die dorp se romp skuil...

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: