23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Landbou

Donderdag 29 Januarie 2015

RSG Landbou 29 Januarie 2015

Die president van Wildbedryf Suid-Afrika, dr Peter Oberem, praat oor hulle konferensie wat in Maart vanjaar by Sun City gehou word. Vrae soos of die wildboer deel vorm van die Departement van Omgewingsake of die Departement van Landbou, sal aandag geniet. Die ekonoom van Graan SA, Corne Louw, praat oor die impak van die laer ruoliepryse op markte en kommoditeite.

Woensdag 28 Januarie 2015

RSG Landbou 28 Januarie 2015

Attie van den Berg van Aartappel SA verskaf inligting oor 'n inligtingsdag wat eersdaags op Warden gehou word. En volgens Frans de Klerk, 'n onafhanklike tegniese ontleder, bereik koring 'n haarnaaldbooghoogte.

Dinsdag 27 Januarie 2015

RSG Landbou 27 Januarie 2015

Lise Roberts gesels met Johann Vorster, bestuurshoof van een van die grootste melkkopers in Suid-Afrik. Hulle uitbreiding in Afrika is goeie nuus vir produsente, want melk word nie daar geproduseer nie. Hulle stel ook eersdaags 'n nuwe reeks toegevoegtewaarde produkte bekend.

Maandag 26 Januarie 2015

RSG Landbou 26 Januarie 2015

Wat is die impak van die elektrisiteitskrisis op landbou, en doen georganiseerde landbou genoeg om produsente se belange te beskerm? Lise Roberts praat hieroor met die ekonoom van Agri Suid-Afrika, Dawie Maree.

Vrydag 23 Januarie 2015

RSG Landbou 23 Januarie 2015

'n Tersiêre inrigting rig 'n bioverteerder op vir kos- en vrugte-afval.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: