12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

RSG Sport

Saterdag 10 April 2021

Tennis en Covid-19

Vanjaar se Franse Ope tennistoernooi is met ‘n week uitgestel weens die coronaviruspandemie. Die Franse Tennisfederasie het aangekondig dat die toernooi nou op 30 Mei sal begin, en nie meer op 23 Mei nie. Die toernooi sal op 13 Junie eindig, twee weke voor Wimbledon na verwagting sal begin. Die Franse Ope is verlede jaar met vier maande uitgestel. Frankryk is tans in ‘n derde nasionale staat van inperking weens ‘n toename in Covid-19-gevalle. Jody Hendricks het met een van die land se topafrigters Stefan de Kock oor die implikasies hiervan gepraat.

Saterdag 10 April 2021

Aanlynplatform vir sportwerkers

www.ask4online.co.za is 'n nuwe aanlynplatform wat mense wat op alle vlakke van sport werk die geleendheid gee om deel te wees van 'n gemeenskap wat sport bevorder. Jody Hendricks praat hieroor met Jacques Faul.

Saterdag 10 April 2021

Jannie du Plessis

Die Noord-Vrystaat is nie net bekend vir sy bydrae tot die landbousektor nie, maar ook vir die aantal profesionele rugbyspelers en spesifiek Springbokspelers wat die streek al opgelewer het. Twee van die bekendstes is sekerlik die Du Plessis-broers, Bismarck en Jannie. Jody Hendricks het met dr. Jannie du Plessis gepraat oor sy rugby- en boerderyloopbaan.

Saterdag 3 April 2021

Gary Player

Gary Player word deur die meeste mense gereken as Suid-Afrika se grootste sportman ooit. Hy word vanjaar 85 jaar oud. Pieter van den Berg het met Gary se 80ste verjaarsdag hierdie hoorbeeld saamgestel…

Saterdag 13 Maart 2021

Corné Krige

Min Suid-Afrikaanse rugbyspelers het soveel reaksie by ondersteuners én opponente uitgelok as Corné Krige. As rugbyspeler was hy dikwels briljant, soms omstrede, maar altyd toegewyd. Hy het elke wedstryd passievol en met moed aangepak, en die leiding geneem. In sy loopbaan as speler en spankaptein tydens Suid-Afrikaanse rugby se mees onstuimige jare, het hy oorwinnings én nederlae gesmaak. Hy vertel vir Jody Hendricks van sy ervarings by Westelike Provinsie, die beserings wat hom geteister het, sy kapteinskap van die Springbokke en sy betrokkenheid by Engelse klubrugby. Hy praat openhartig oor omstrede onderwerpe soos die rassekwessie in SA rugby en die politiek daaragter, en onthul skokkende nuwe besonderhede oor die gebeure wat sy loopbaan beïnvloed en uiteindelik beëindig het, naamlik Twickenham in 2002, Kamp Staaldraad en die 2003 Rugby Wêreldbeker.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: