23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrumtyd op RSG

Maandag 4 November 2019

Skrumtyd op RSG 4 November 2019

Emosionele tonele het in Japan afgespeel ná die eindfluitjie geblaas het in die Internasionale Stadion in Jokohama in Japan toe die lede van die Springbokspan mekaar omhels en hulle afrigter, Rassie Erasmus, op die veld gedra het. Erasmus het gesê die Springbokke se oorwinning oor Engeland was die gevolg van 19 weke se harde voorbereidingswerk, asook die Bokke se geloof in hulle eie vermoë. Suid-Afrika is die eerste span in die geskiedenis van die Wêreldbeker wat 'n groepwedstryd verloor het, maar steeds die toernooi gewen het. Suid-Afrika het ook in geen van die drie wedstryde waarin hulle die beker in 1995, 2007 en vanjaar verower het, 'n drie afgestaan nie.

Maandag 28 Oktober 2019

Skrumtyd op RSG 28 Oktober 2019

Die Springbokke sal Saterdag in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker in Japan teen Engeland te staan kom. Die Suid-Afrikaners het Wallis in die halfeindstryd naelskraap met 19-16 geklop, nadat hulle teen rustyd met 9-6 voorgeloop het. Die senter, Damien de Allende, het die Springbokke se enigste drie gedruk. Die losskakel, Handre Pollard, het die res van die span se punte met 'n doelskop en vier strafskoppe aangeteken. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die Bokke se kanse in die eindstryd.

Maandag 21 Oktober 2019

Skrumtyd op RSG 21 Oktober 2019

Die Springbokke het hulle kwarteindrondewedstryd teen Japan met 26 punte teenoor drie gewen, en sodoende 'n plek verseker in die halfeindstryd. Twee drieë deur die vleuel, Makazole Mapimpi, en een deur skrumskakel Faf de Klerk, het bygedra tot die sege oor Japan. Die Bokke se kaptein, Syia Kolisi, sê hulle het 'n taai stryd verwag. Die Bokke speel nou Sondag in Jokohama teen Wallis. Nieu-Seeland sal Saterdag in die eerste halfeindstryd teen Engeland te staan kom. Jody hendricks bespreek die naweek se uitslae, en die wedstryde wat nog voorlê.

Maandag 14 Oktober 2019

Skrumtyd op RSG 14 Oktober 2019

Die All Blacks se afrigter, Steve Hansen, het Japan geloof ná hulle oorwinning van 28-21 oor Skotland. Hy sê die span verdien sy plek in die topgroep-rugbylande. Hansen sê die All Blacks is deeglik daarvan bewus dat die Iere 'n gedugte span is, en sal Saterdag alles gee in hulle kwarteindwedstryd teen die span. Nieu-Seeland het twee van die laaste drie kragmetings teen die Iere verloor. In die ander kwarteindwedstryd Saterdag kom Engeland teen Australië te staan. Sondagoggend meet Wallis en Frankryk kragte, en later kom Japan en die Springbokke teen mekaar te staan. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die groepfase van die Rugbywêreldbeker wat gister tot 'n einde gekom het, en die kwartieindwedstryde wat voorlê.

Maandag 7 Oktober 2019

Skrumtyd op RSG 7 Oktober 2019

Springbokkaptein Siya Kolisi sê hy is fiks en gereed om die span op die veld te lei vir die tweede keer in vyf dae. Die Springbokke speel op 8 Oktober in Kobe in Japan in hulle laaste Groep B-wedstryd teen Kanada. Dertien veranderinge is aan die begin vyftiental aangebring. Buiten Kolisi, sal dit ook die tweede toets in vyf dae wees vir Damian de Allende. Kolisi sê hy sien uit na die kragmeting. Jody Hendricks en sy gaste bespreek die Bokke se wedstryd teen Kanada, en vra ook of die Haka die All Blacks 'n sielkundige voorspring gegee.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: