19:30 - 20:00

Kompas

Met Hazel Janse van Rensburg

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

RSG Kuns

Met Christelle Webb-Joubert

Christelle Webb-Joubert

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrumtyd op RSG

Maandag 23 September 2019

Skrumtyd op RSG 23 September 2019

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sal homself lastige vrae moet vra oor sy span se strategie en spankeuses nà hulle 23-13 nederlaag teen Nieu-Seeland in hulle eerste wedstryd in die Wêreldbekertoernooi in Japan. Die rustydtelling was 17-3 in die All Blacks se guns. Handre Pollard het die Springbokke se eerste punte met 'n strafdoel aangeteken. Twee vinnige drieë deur die All Black-vleuel George Bridge en slot Scott Barrett het egter die bordjies verhang. In die tweede helfde het 'n drie deur Pieter-Steph du Toit die punteverskil laat krimp tot sewe7, gevolg deur 'n skepdoel van Pollard. Nieu-Seeland het egter hulle oorwinning beklink met twee strafskoppe in die laaste minute. Die Bokke speel Saterdag teen Namibië, en Nieu-Seeland op 2 Oktober teen Kanada. Johan Rademan en Andre Watson ontleed die wedstryd saam met Jody Hendricks.

Maandag 16 September 2019

Skrumtyd op RSG 16 September 2019

Die Springbokke speel Saterdag in hulle eerste wedstryd by die 2019 Rugbywêreldbeker. Jody Hendricks en sy paneel bespreek die faktore wat 'n rol speel in die eerste wedstryd by die toernooi. Hy praat ook met Os Du Randt, wat op 3 November in Wêreldrugby se heldesaal ingehuldig word.

Maandag 9 September 2019

Skrumtyd op RSG 9 September 2019

Hemelbesem en Ashwin Willemse doen 'n huldeblyk aan Chester Williams. Jody Hendricks en sy gaste ontleed die Curriebekereindwedstryd tussen die Cheetahs en die Leeus, en ons hoor van die Springbokke ná hulle sege oor Japan.

Maandag 2 September 2019

Skrumtyd op RSG 2 September 2019

Die Cheetahs en die Goue Leeus pak mekaar op 7 September in Bloemfontein in die Curriebeker-eindstryd, nadat die Cheetahs die Haaie met 51 - 30 afgeransel het. Die Leeus het vroeër die Griekwas met 34 - 19 geklop. Oudspringbok Ruan Pienaar praat met Jody Hendricks.

Maandag 26 Augustus 2019

Skrumtyd op RSG 26 Augustus 2019

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het sy finale groep vir die Wêreldbekertoernooi in Japan aankondig. Die Bokke speel op 21 September hulle eerste wedstryd teen Nieu-Seeland in Yokohama. Die ander lede van die groep is Italië, Namibië en Kanada. Jody Hendricks en sy paneel ontleed die groep, bespreek die spslers wat nie ingesluit is nie, en vra of die Bokke vanjaar die toernooi kan wen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: