22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Sue Pyler-Slabbert

Nou op die lug: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Volgende: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Sue Pyler-Slabbert

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 1 Desember 2021

Skrywers en boeke 1 Desember 2021

Ilse Salzwedel gesels met die jeugskrywer Annerlé Barnard, wie se derde jeugroman, SPEL, pas bekroon is met ‘n goue Sanlamprys vir jeugfiksie. Irma Venter gesels oor haar jongste spanningsroman, MINDER AS NIKS. Johan Myburg het nuus oor die kortlyste vir die Costa-pryse en die Amerikaanse National Book Foundation se toekenning vir die beste fiksie. Hy bring ook hulde aan die Amerikaanse digter, Robert Bly, en jy kan luister na ‘n opname waarin Bly een van sy eie gedigte voorlees.

Woensdag 24 November 2021

Skrywers en boeke 24 November 2021

SP Benjamin praat oor sy roman DIE DINGE VAN ‘N HOND. Luister na ‘n onderhoud uit die argiewe met die topverkoperskrywer Wilbur Smith, wat onlangs oorlede is. In sy internasionale boekinsetsel gesels Johan Myburg onder andere oor nuwe internasionale wetenskapsfiksie, fantasie en rillers, asook die Turkse regering se ondersoek na die skrywer Orhan Pamuk. Jy kan ook luister na ‘n kort voorlesing deur Pamuk.

Woensdag 17 November 2021

Skrywers en boeke 17 November 2021

Luister na ‘n spesiale bekendstelling van Wilna Adriaanse se VLUG, ‘n boeiende roman wat afspeel teen die agtergrond van die burgeroorlog in die DRK. Dit word eerste hier op Skrywers en Boeke bekendgestel, en Ilse Salzwedel gesels met Wilna in Kaapstad.

Woensdag 10 November 2021

Skrywers en boeke 10 November 2021

Ilse Salzwedel gesels met Matty Strydom oor haar biografiese boek HIER WAAR EK NOU IS. Chanette Paul vertel meer oor haar roman MARILYN. Johan Myburg gesels oor die Frankfurtse Boekeskou, die Bookerprysoorhandiging en die Russiese skrywer Fjeodor Dostojefski. Jy kan ook uitvind wie die wenners is van die 2021 SALA-toekennings.

Woensdag 3 November 2021

Skrywers en boeke 3 November 2021

Damon Galgut se roman, THE PROMISE, is op vanjaar se Booker-kortlys. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy werk. Johan Myburg vertel meer van die nuwe Ursula K Le Guin-fiksieprys en Luke Kennard, die wenner van die Forward-prys vir poësie in Brittanje. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname oor die digter PJ Philander, wat vandeesmaand 100 jaar gelede gebore is.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: