15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Saterdag 1 Februarie 2014

2 Feb 2014

Die kraguitset van die sender wat boodskappe van die Voyager af na die aarde stuur, is gelykstaande aan 'n 60 watt gloeilamp. Voyager is al ver buite die sonnestelsel in die interstellêre ruimte. Dr. Japie van Zyl praat hieroor en oor hoe navigeerders op aarde daarin slaag om 'n satelliet 'n skrale 12 kilometer bokant die oppervlak van 'n verafgeleë planeet of maan te laat verby beweeg.

Saterdag 25 Januarie 2014

26 Jan 2014

Waar in die ruimte is die Lagrange-punte? En hoe word plek in die ruimte bepaal?

Saterdag 28 Desember 2013

29 Dec 2013

Een van die groot hoogtepunte van 2013 was die klein asteroide wat in Februarie bokant Tsjeljabinsk in Rusland ontplof het. Daar is ook inligting oor die aktiwiteit van die son en of dit siklies is. Die program word afgesluit met musiek wat opgeneem is met Chris Hadfield wat in die Cupola in die ruimtestasie saamsing met 'n sanger en 'n koor in Kanada.

Saterdag 21 Desember 2013

22 Dec 2013

As mens saans wes kyk is daar 'n helder voorwerp wat bokant die horison lê. Dit is die aarde se buurplaneet Venus wat in die volksmond bekend staan as die aandster. Die planeet het 'n paar interessante eienskappe. Prof Matie Hoffman en Willie Koorts bespreek die planeet. Waarom is die oppervlaktemperatuur byvoorbeeld hoër as die van Mercurius wat nader aan die son is?

Saterdag 14 Desember 2013

15 Dec 2013

China het onlangs 'n tuig na die maan gelanseer om meer te leer oor die aarde se natuurlike satelliet. Indië het ook 'n tuig die ruimte ingestuur wat tans onderweg is na Mars. Dit dui daarop dat daar ander lande, buiten die VSA en Rusland, is wat hulle penne in die ruimte wil inslaan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: