21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Nou op die lug: 21:20 - 23:00

Skud dit met Reggie Philander!

Met Reggie Philander

Reggie Philander

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Jaco de Waal

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Uit ‘n ander hoek

Sondag 16 Junie 2019

Uit ‘n ander hoek 16 Junie 2019

Hoe moet ons die heilige boeke soos die Bybel en die Koran vandag lees en is alles wat daarin staan waar en onfeilbaar? Jean Oosthuizen gesels met prof Farid Esack, ʼn professor in godsdiensstudies verbonde aan die Universiteit Johannesburg en doktor Peter Nagel, Senior Lektor: Ou en Nuwe Testament by die Universiteit Stellenbosch, oor Skrifgesag.

Sondag 9 Junie 2019

Uit ‘n ander hoek 9 Junie 2019

Morele kodes tussen gelowiges en ongelowiges is merkwaardig dieselfde. Jean Oosthuizen wil by die filosoof prof. Anton van Niekerk en die paleontoloog dr. Jurie van den Heever weet waar kom moraliteit vandaan. Moet mens noodwendig gelowig wees, of aan een of ander godsdiens behoort om ʼn morele lewe te leef? Is moraliteit uniek aan die mens, of vind mens ook morele optrede by diere?

Sondag 2 Junie 2019

Uit ‘n ander hoek 2 Junie 2019

Humanisme lok uiteenlopende reaksies by mense uit. Vir sommige mense is humanisme ʼn skeldwoord. Ander sien dit as ʼn lofwaardige passie vir menswaardigheid en geregtigheid. Jean Oosthuizen gesels met twee teoloë, dr. Ben du Toit en prof. Pieter Craffert, om agter die kap van die byl te probeer kom oor die werklike betekenis van humanisme.

Sondag 26 Mei 2019

Uit ‘n ander hoek 26 Mei 2019

Die woord spiritualiteit is deesdae 'n gonswoord binne en buite die kerk. Dit word gewoonlik geassosieer met een of ander geloof in ʼn bonatuurlike wese. Jean Oosthuizen wil by dr. Abel Pienaar, direkteur van die Sentrum vir eietydse spiritualiteit, en dr. Flip Schutte, ʼn spiritualiteitsbegeleier by die Renaissance-gemeente in Pretoria, weet wat beteken spiritualiteit, en of mens gelowig moet wees om spiritueel te wees.

Sondag 19 Mei 2019

Uit ‘n ander hoek 19 Mei 2019

Wat beteken ʼn sekulêre staat, en moet gelowiges bekommerd wees as die land se grondwet die hoogste gesag is, en nie die Bybel, Koran, Tora of enige ander heilige boek nie? Jean Oosthuizen gesels met adv. Leon Wessels, voormalige lid van die Menseregtekommissie, wat gehelp het om die land se grondwet te skryf, en dr. Johan van der Merwe van die NG Moederkerk in Stellenbosch.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: