23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Uit ‘n ander hoek

Sondag 19 Julie 2020

Uit ‘n ander hoek 19 Julie 2020

Gelowiges hoor van kleins af dat die mens wik, maar God beskik. Is dit so? Jean Oosthuizen wil by filosoof Anton van Niekerk en teoloog Evard Huisamen weet wat dink hulle van God se voorsienigheid.

Sondag 12 Julie 2020

Uit ‘n ander hoek 12 Julie 2020

Kindermolesteerders en pedofiele is dikwels mense in die samelewing van wie mens dit die minste verwag. Jean Oosthuizen gesels met skrywer Christine Barkhuizen-Le Roux en oud politikus Pierre-Jeanne Gerber, wat as kind gemolesteer is hieroor. Hulle vertel hoekom slagoffers dikwels jare neem voordat hulle daaroor praat, en wat kerke behoort te doen om die slagoffers te help.

Sondag 5 Julie 2020

Uit ‘n ander hoek 5 Julie 2020

Die Covid-19-pandemie maak ons opnuut bewus van ons weerloosheid, en laat mens onwillekeurig nadink oor die dood. Jean Oosthuizen gesels met praktiese teoloog, prof. Cas Weppener, en die Oud-Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, oor hulle siening van die dood, en die rol wat godsdiens speel in mense se siening van die dood.

Saterdag 29 Junie 2019

Uit ‘n ander hoek 30 Junie 2019

Waarom is so baie mense in die wêreld gelowig ondanks al die moord en doodslag wat in die naam van godsdiens gepleeg is? Is godsdiens ʼn kruk, ʼn kuur, ʼn krankheid of dalk al drie? Jean Oosthuizen praat met prof. Vasti Roodt van die departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en dr. Deon Van Zyl, ʼn kliniese sielkundige in Johannesburg en voormalige professor in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Saterdag 22 Junie 2019

Uit ‘n ander hoek 23 Junie 2019

As daar een onderwerp is wat gelowiges oor die eeue fassineer is dit die duiwel of Satan. Sommige beskou die Duiwel as 'n mitiese figuur wat boosheid uitbeeld. Ander glo Satan is 'n werklike persoon wat in die onsigbare geesteryk bestaan. Jean Oosthuizen gesels met die teoloog prof Julian Müller en dr Evard Huisamen van die Coram Deo Gemeente in Kaapstad oor die bestaan van die duiwel en wil by hulle weet waar kom die duiwel vandaan en of hy bestaan.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: