12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 23 November 2021

Vers en klank 23 November 2021

Ons luister na enkeleverse van die beeldhouer, kunstenaar en digter Lidi de Waal, wat deel is van 'n gewilde verhoogproduksie, 'n Bêreboksie vol vlerke. Dis pretensielose, gevoelvolle gedigte. Ira Blankenberg, wat dit op die verhoog vertolk, skuif agter die mikrofoon in. Die musiek is getoonset deur Lizanne Barnard, en is geskoei op Lidi de Waal se gedigte.

Dinsdag 16 November 2021

Vers en klank 16 November 2021

Petrus du Preez lees gedigte voor uit die Vlaamse digter, Eddy van Vliet, se bundel Na die wette van afskeid en herfs, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. "Van Vliet is een van die kragtigste stemme in die Nederlandse digkuns van ná die Tweede Wêreldoorlog. Sy gedigte word gekenmerk deur universele temas soos die liefde en dood. Sy gedigte is intens outobiografies, veral ten opsigte van die afwesige vader. Die digter is ’n romantiese genealoog wat diep put uit ’n veelbewoë lewe, maar hy bly weerbaar met ironie en selfrelativering." – Yves T’Sjoen (Universiteit Gent)

Dinsdag 9 November 2021

Vers en klank 9 November 2021

Albert Maritz skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling verse voor, asook 'n paar gedigte uit sy eie pen. Jy kan uitsien na verse deur Charles Fryer, Breyten Breytenbach, D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw, Peter Snyders en Jeanne Goosen.

Dinsdag 2 November 2021

Vers en klank 2 November 2021

Die bekroonde digter en vertaler, Daniel Hugo, se sewentiende digbundel, Klinkklaar, is vanjaar uitgegee. Hy lees gedigte daaruit voor. Martjie Bosman skryf: ’n Nuwe digbundel van Daniel Hugo is altyd te verwelkom, nie alleen omdat hy so ’n produktiewe skrywer is nie, maar ook omdat sy arbeid op verskillende terreine rakende die letterkunde hom een van die bekendste kolporteurs van die Afrikaanse digkuns maak, iemand wat vandag baie deur die digkuns benodig word. Nini Bennett sluit haar resensie oor Klinkklaar so af: Met hierdie bundel lewer die digter ’n klinkklare bewys van ’n soliede digterskap. Dit is ’n bundel wat as ’n hoogtepunt in Hugo se oeuvre geboekmerk kan word, maar ook vir die liefhebber van poësie baie vreugde sal verskaf.

Dinsdag 26 Oktober 2021

Vers en klank 26 Oktober 2021

Die Suid-Afrikaanse digter, Carina van der Walt, wat in Nederland woon, is in die ateljee. Sy en Frieda van den Heever gesels oor haar debuutbundel, Landluisteraar. Die bundel bestaan uit gedigte wat geïnspireer is deur kunswerke van die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe. Sy kuns het 'n besonder poëtiese kwaliteit. Die gedigte het ontstaan gedurende die jare wat Carina aan Stilspraak, 'n monografie oor Van der Merwe, geskryf het. Saam vertel dit 'n verhaal van tuiswees in, en uitreik na die landskap. Dít is die kwesbare wêreld wat ons daagliks dra en ons ruimte bied om te bestaan. Jy kan uitsien na toeganklike verse sonder vals sentiment asook musiek wat geskoei is op hierdie verse deur Mart-Marie Snyman met o.a. Anna Davel, Stefan van Zyl en Mariette Snyman as kunstenaars.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: