15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 30 Maart 2021

Vers en klank 30 Maart 2021

Die rapper en digter Churchil Naudé lees van sy gedigte voor, en vertolk van sy gedigte saam met musikante Riku en Jackie Lätti. Die gedigte kom uit sy nuwe digbundel Drol innie drinkwater.  Theunis Engelbrecht skryf op die flapteks: Churchil Naudé vlek nie net ongeregtighede, blinde vooroordele, maatskaplike probleme en die stommiteite van die mensdom vlymskerp oop nie, maar drink ook deur tot diep in die hart van gewone mense se swaarkry en drome. Die stories wat hy vertel bly by 'n mens spook lank nadat jy dit gelees en gehoor het.

Dinsdag 23 Maart 2021

Vers en klank 23 Maart 2021

Martelize Kolver lees gedigte voor uit Susan van Zyl se debuutbundel Sporofoor. Vir Susan grens misterie, soos ook humor, aan die absurde en dit is hierdie realiteit waarbinne spore uitgewys word wat deur die geskiedenis van die mensdom getrap is. En waar daar vanuit hierdie perspektief gekyk kan word na hedendaagse, poëties gestruktureerde, reddingsboeie.

Dinsdag 16 Maart 2021

Vers en klank 16 Maart 2021

André Weideman lees gedigte voor uit die bekroonde digter Louis Esterhuizen se elfde digbundel Die gladde stiltes in glas. Nini Bennett skryf in haar resensie:  "Dit is duidelik dat ’n ervare digtershand hier werksaam is en dat die bundel konseptueel, sowel as in die fynere detail, deurdag en afgerond is. En of die digter se boustof nou klip, grond, rots, bouvalle, holtes grond of geogliewe is, hy skep poësie daaruit. Selfs die oerprosesse van verwering en erosie word veredel in dié verse. In geheel gesien: Die gladde stiltes in glas is ’n kosbare – nee, noodsaaklike – toevoeging tot die poësieliefhebber se boekrak." En Louise Viljoen: "Die gladde stiltes van glas is ‘n sterk bundel wat intrigeer vanweë die rykmetafore, die emosionele diepgang en die weiering om komplekse gegewens tot enkelvoudighede te reduseer. Dit is ‘n bundel wat met elke herlees nuwe perspektiewe sal open."

Dinsdag 9 Maart 2021

Vers en klank 9 Maart 2021

Amor Tredoux lees gedigte voor uit Eunice Basson se tweede digbundel, By die dag, wat verlede jaar verskyn het. Dit handel oor die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan en die wonder van die kleine moment. Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit – klein stillewes en portretstudies van stadstuine, voëls, ’n Life Esidimeni-slagoffer, Dimitri Tsafendas, ’n transitorooftog, Poppie van der Merwe, en kring wyer uit na die honde van Delhi, die papawerbruid van Afghanistan en Alan Kurdi. Soos te verwagte van ’n kunshistorikus tree die digter ook op natuurlike wyse met die beeldende kunste in gesprek. Elke gedig is gestroop, maar dawer lank by die leser.

Dinsdag 2 Maart 2021

Vers en klank 2 Maart 2021

Digter Ernest Loth lees gedigte voor uit sy debuutbundel, Uit hierdie Valkenburg, wat hy in die grendeltyd geskryf het. Dr. Jan Daniels skryf in die voorwoord: Uit hierdie Valkenburg ontleen sy titel aan die openingsreël uit Ingrid Jonker se gedig, Ontvlugting. En dit is nie om dowe neute nie. Beide Loth en Jonker deel herinneringe aan Valkenburg – maar elkeen verwoord 'n eie unieke ervaring daarvan. Dit is moeilik om die gedigte te lees sonder dat dit die leser intens ontroer. Die digbundel spreek tegelyk van waardering en ontluistering, van lief en leed, en van belydenis. Maar dit spreek ook van maskers wat die lewe soms op die mens afdwing – ongevraagd en onverdiend.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: