11:30 - 12:00

Rand en sent

Met Jody Hendricks

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Nic de Jager

Volgende: 13:00 - 13:05

Nuus

13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 6 Julie 2021

Vers en klank 6 Julie 2021

Dann-Jacques Mouton lees gedigte voor uit Nathan Trantraal se kort, maar kragtige oeuvre. Woorde soos "aangrypend, eerlik, sonder sentimentaliteit, skokkend, skreeusnaaks en ontroerend" word gebruik as Trantraal se poësie bespreek of beskryf word. Die gedigte kom uit die bundels Chokers en Survivors, Alles het niet kom wôd en Oolog.

Dinsdag 29 Junie 2021

Vers en klank 29 Junie 2021

Eben Genis lees gedigte uit die bundel, Weerbare weemoed, deur die Belgiese digter Luuk Gruwez, vertaal uit die Nederlands deur die bekroonde digter en letterkundige Hennie van Coller. “Lesers (en veral poësieliefhebbers) is Van Coller groot dank verskuldig dat hy dié ‘sprong in die duister’ gewaag het, want in sy vindingryke vertalings in Weerbare weemoed word die vele fasette van Luuk Gruwez se eiesoortige digterstem – die weemoed, wanhoop én waansin; die heimwee, maar ook die ironie – in klinkende Afrikaans vasgelê.” - Prof. Thys Human, letterkundedosent, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) See omnystudio.com/listener for privacy information.

Dinsdag 22 Junie 2021

Vers en klank 22 Junie 2021

Jana Kruger lees gedigte uit regsgeleerde en musikant, Bester Meyer, se debuutbundel, die Testament. Hy is in Alberton gebore. Hy studeer regte by RAU, en word daarna ’n prokureur by ’n firma in Kaapstad wat destyds opgetree het as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger. die Testament is uitgegee tesame met ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker, getiteld Musiek vir jou ure.

Dinsdag 15 Junie 2021

Vers en klank 15 Junie 2021

Daar was al heelparty digtende dokters in Afrikaans en alhoewel sommige bekend is vir sogenaamde mediese poësie waarin die mediese veld betrek word, dig ander gewoon oor die lewe en die dood en die liefde en al die groot temas. Alhoewel daar ongeveer 17 digtende dokters is wat gepubliseer is in Suid-Afrika, kan jy uitsien na gedigte deur Eugéne Marais, Henk Rall, Phil du Plessis, Gilbert Gibson, Len S. Louw, Hennie Nortjé, Ilse van Staden en Hendrik J. Botha. Johann Nel gaan die gedigte voorlees.

Dinsdag 8 Junie 2021

Vers en klank 8 Junie 2021

Die digter, akademikus en literêre kritikus, Joan Hambidge, gesels oor haar nuwe bundel, NOMADIESE STERRE. Sy lees ook gedigte uit hierdie besondere bundel voor. Johan Myburg merk op: “Wat deurgaans opval is Hambidge se omgaan met “hartenswoorde”: woorde wat ʼn duidelike persoonlike betekenis het, maar só geboetseer word dat dit die leser toelaat om ʼn eie “hartensbegrip” daaraan te koppel. Wat veel vreugde bied is die spel en dikwels speelse manier waarmee sy omgaan.”

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: