23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Vrydag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

05:55 - 06:00

Ikra

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 19 Oktober 2021

Vers en klank 19 Oktober 2021

Marion Holm skuif agter die mikrofoon in, en lees enkele van haar gunsteling verse voor - "inklusiewe gedigte wat gewone mense ook kan verstaan." Jy kan uitsien na verse deur C. Louis Leipoldt, W.E.G. Louw, Ronelda S. Kamfer, Erns Grundling, Joan Hambidge, Stephan Bouwer, Sydda Essop, Vincent Oliphant en Adam Small.

Dinsdag 12 Oktober 2021

Vers en klank 12 Oktober 2021

Digter en akademikus Bernard Odendaal kuier in die ateljee vir nog ‘n aflewering van ʼn reeks wat fokus op plekke en streke, wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaans digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Die tema en gedigte wat ons gekies het, het te make met ons buurland, Namibië. Jy kan uitsien na gedigte deur Daniel Hugo, Martjie Bosman, Len S. Louw, Lucas Malan, Hennie Aucamp, Hewitt Visser, Johann Lodewyk Marais, Marié Blomerus, George Weideman, Hans du Plessis, Joan Hambidge, Kobus Lombard, Bernard Odendaal en Chris Lombard.

Dinsdag 5 Oktober 2021

Vers en klank 5 Oktober 2021

Ons luister na gedigte uit 'n nuwe bundel wat onlangs uitgegee is deur Human & Rousseau. Derde gety is uit die pen van Zandra Bezuidenhout. Dit is heel gepas Zandra se derde digbundel. Haar pragtige debuutbundel, Dansmusieke, is in 2001 met die Ingrid Jonker-prys bekroon, waarna 'n tweede bundel, Aardling, in 2006 verskyn het. Nini Bennett skryf in haar resensie: "Zandra Bezuidenhout se nuwe bundel Derde gety getuig van beleë poësie wat bekoor in 'n bedaarde en sober gang. Die taalgebruik is vindingryk maar helder, en die gedigte getuig van 'n besonderse poëtiese vakmanskap." Om reg te laat geskied aan hierdie poëtiese vakmanskap, moes 'n ander vakman of eerder -vrou, ingeroep word hiervoor. Antoinette Kellermann, wat ook deesdae by die see bly, lees vanaand se gedigte voor.

Dinsdag 28 September 2021

Vers en klank 28 September 2021

Luister verder na gedigte uit 'n pragtige bundel wat onlangs uitgegee is deur Turksvy Publikasies met die titel. MASKERS EN MURE. Dit bestaan uit 142 gedigte, en is saamgestel deur Daniel Hugo en Francois de Jongh. In Hugo Theart, artistieke direkteur: KKNK, se woorde: "Maskers en mure is 'n uitsonderlike digbundel wat 'n blik gee op 'n waterskeidingstyd toe die wêreld deur 'n pandemie lamgelê is. Die emosies en perspektiewe van 142 uiteenlopende digstemme maak hiervan 'n tydkapsule vir toekomstige lesers. Hoofsaaklik bekende digters, maar ook nuwes, neem ons op 'n emosionele reis waarmee ons eie ervaring van Covid-19 sal resoneer." Johann Nel en June van Merch is die voorlesers.

Dinsdag 21 September 2021

Vers en klank 21 September 2021

Luister na gedigte uit 'n bundel wat onlangs uitgegee is deur Turksvy Publikasies met die titel, Maskers en Mure. Dit bestaan uit 142 gedigte wat saamgestel is deur Daniel Hugo en Francois de Jongh. In Hugo Theart, artistieke direkteur: KKNK, se woorde: "Maskers en mure is 'n uitsonderlike digbundel wat 'n blik gee op 'n waterskeidingstyd toe die wêreld deur 'n pandemie lamgelê is. Die emosies en perspektiewe van 142 uiteenlopende digstemme maak hiervan 'n tydkapsule vir toekomstige lesers. Hoofsaaklik bekende digters, maar ook nuwes, neem ons op 'n emosionele reis waarmee ons eie ervaring van Covid-19 sal resoneer." Ons gaan twee programme afstaan om te luister na die verse uit hierdie bundel. Johann Nel en June van Merch is die voorlesers.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: