05:55 - 06:00

Ikra

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Vers en Klank

Dinsdag 14 September 2021

Vers en klank 14 September 2021

Luister na gedigte oor kindwees, groei en grootword, ouer wees, ouer word (in jare) en die siklus van die lewe. Ma en dogter Riélle en Karli Heine lees die verse voor. Die verse is gedig deur Annesu de Vos, Antjie Krog, Lina Spies, Ingrid Jonker, Ina Rousseau, N.P. van Wyk Louw en Charlene Truter. Jy kan ook uitsien na klanke deur Koos du Plessis, Karen Zoid, Laurika Rauch, Frieda Kruger, Stef Bos en Breyten Breytenbach.

Dinsdag 7 September 2021

Vers en klank 7 September 2021

Waldemar Schultz lees gedigte deur Magmoed Darwiesj, soos vertaal deur Bester Meyer. In 2009 verskyn Breyten Breytenbach se bundel oor Magmoed Darwiesj: oorblyfsel / voice over wat hierdie Palenstynse digter aan ‘n Afrikaanse en Engelse leserspubliek bekend stel. Sopas verskyn Bester Meyer se Die vlug van ‘n vreemdeling,  vertalings van Darwiesj in Afrikaans met inleidende refleksies deur Breytenbach en ‘n nawoord deur Shahd Abusalama. Meer as twintig digbundels en tien prosawerke verskyn uit hierdie krities bekroonde digter se pen en hy word beskou as die stem van sy mense en 'n legende. Sy verse het wêreldwyd aanklank gevind by verskillende groeperinge en word deur sowel arbeiders as skoolkinders voorgedra. Die vlug van ‘n vreemdeling beslaan meer as 300 bladsye en vir die eerste keer kan die Afrikaanse leser die trefwydte en impak van die werk van hierdie belangrike digter in sy spreektaal ervaar. Dis uitgegee deur Naledi en 'n kragtige stuk werk. In Joan Hambidge se woorde: "Bester Meyer se vertalings is aangrypend-mooi."

Dinsdag 31 Augustus 2021

Vers en klank 31 Augustus 2021

Ons luister ons na verse en liedjies deur Koos Kombuis, of André Letoit (die skuilnaam wat hy vroeër gebruik het). Pieter van Zyl skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling gedigte uit drie van Letoit/Kombuis se bundels voor.  "Eers was daar André le Roux du Toit wat in 1981 saam met Daniel Hugo, Peter Snyders en Etienne van Heerden in Brekfis met vier sy poetry die wêreld ingestuur het." Onder die skuilnaam André Letoit het Suburbia in 1982 en 'n tweede druk daarvan is in 2003 uitgegee. Hierdie bundel is toe gevolg deur Die geel kafee in 1985. In Dewald Koen se woorde: "Allawêreld! Daar kom Afrikaans se eie Beat generation-poet toe na vore met sy lekker loslit vrye verse vol surrealisme en dekadensie." In 2018 verskyn die bundel Vandag wil ek my blou skoene dra.

Dinsdag 24 Augustus 2021

Vers en klank 24 Augustus 2021

Susanne Beyers skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van haar gunsteling gedigte voor. Jy kan uitsien na verse deur Marlene van Niekerk, Elisabeth Eybers, Wilma Stockenström, Antjie Krog, Lina Spies, Luuk Gruwez, Philip de Vos en Olga Kirsch.

Dinsdag 17 Augustus 2021

Vers en klank 17 Augustus 2021

Ons hoop dat hierdie aflewering ʼn eerste van sy soort sal wees in ʼn reeks wat fokus op plekke en streke wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaans digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Jy kan uitsien na gedigte deur De Waal Venter, Totius, D.J. Opperman, S.J. Pretorius, Heidi Papadopoulus-Pienaar, Lewies Botha, Barend Toerien, I.L. de Villiers, Elisabeth Eybers, Emma Bekker.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: