15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Leefwêreld van die gestremde 26 November 2023

26 November 2023

‘n Hoogtepunt vir mense met gestremdhede, is dat gebaretaal as die 12e amptelike landstaal aangewys is. Jacqui January hoor van die NID en die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede wat hulle hiervan dink. Fanie du Toit vind meer uit oor die toegangklikheid van selfoontegnologie vir persone met gestremdhede oor alle spektrums. Dr. Karin Smit leef met ‘n gestremdheid, en sy deel haar leefwêreld met ons.


Leefwêreld van die gestremde 19 November 2023

19 November 2023

Lizzy Arends kan net tussen lig en donker onderskei. Sy is ’n professionele masseuse, en gee waardevolle wenke oor hoe om teenoor mense met sigverlies op te tree. Vicki Fourie, ‘n voormalige Mej Dowe SA, praat oor die wonder van kogliêre inplantings, haar drome en hoe sy ander dowes bemagtig.


Leefwêreld van die gestremde 12 November 2023

12 November 2023

Suster Sandré Jordaan, ’n skoolverpleegkundige, is ma van ‘n tweeling met serebraal gestremdhede. Sy vertel hoe die tekort aan geleenthede vir jongmense met liggaamlike gestremdhede in Suid-Afrika hulle gesin raak. Ons hoor ook van die uitdagings wat sy as ma ervaar. Hoe ontwikkel ‘n ouer die identiteit en gesonde selfbeeld van jou kinders met gestremdhede in ‘n ontoeganklike samelewing? Hanelie Degenaar is ’n spraak- en taalterapeut by die Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. Sy is die organiseerders van die jaarlikse nasionale Outisme-simposium. Sy vertel wat alles by die simposium gebeur.


Leefwêreld van die gestremde 5 November 2023

5 November 2023

Fanie du Toit hoor van intellektuele beperkinge, en ‘n ouerpaar se aanvaarding van ‘n kind wat meer is as sy beperkinge. Jacqui January het meer gaan uitvind oor die nasionale dowe krieketspan, wat Suid-Afrika eersdaags by die krieketwêreldbeker vir dowes sal verteenwoordig.


Leefwêreld van die gestremde 29 Oktober 2023

29 Oktober 2023

Fanie du Toit praat met Johan du Preez oor die uitdagings van blindes wat alleen bly. Jacqui January hoor by ‘n navorser van die hoofuitdagings vir mense met gestremdhede in die werkplek.


Leefwêreld van die gestremde 22 Oktober 2023

22 Oktober 2023

Fanie du Toit hoor wat die Kaapstad Vereniging vir Blindes doen om mense op te lei. Van die grootste uitdagings is dat mense met gestremdhede steeds nie voldoende in die arbeidsmark gevestig is nie. Van die opleiding sluit in volle toegang tot ‘n slimfoon, en opleiding in Braille, wat steeds relevant is midde in tegnologiese ontwikkeling. Jacqui January vertel van een van die oudste welsynsorganisasies in Suid-Afrika. Die SAVF is vanjaar 119 jaar oud. Daar is vrywilligers wat al langer as 50 jaar lank daar diens doen! Hulle moes doelwitaanpassings maak t.o.v. dienslewering om in pas te bly met ‘n veranderende wêreld.


Leefwêreld van die gestremde 15 Oktober 2023

15 Oktober 2023

Fanie du Toit beantwoord luisteraarsvrae oor die inplanting van gehoorapparate by babas. Jacqui January hoor van mense se ervaring van depressie, en hoe dit persone met die toestand kan strem indien dit onbehandeld gelaat word.


Leefwêreld van die gestremde 8 Oktober 2023

8 Oktober 2023

Oktober is bewusmakingsmaand van persone van kort statuur. Melanie Lubbe bied hulp aan oor hoe om interaksie te vergemaklik en stigma uit die weg te ruim. Sakkie Blom vertel van die oogtoestand, Stargards, en hoe sig daardeur geraak word. Hy vertel ook hoe blindes toegang tot dokumente en aanhangsels in e-posse kan kry.


Leefwêreld van die gestremde 1 Oktober 2023

1 Oktober 2023

Fanie du Toit gesels met Andrian Davids wat blind is, en ander siggestremdes bystaan met opleiding en tegniese vaardighede om die arbeidsmark te betree. Jacqui January vind meer uit oor spierdistrofie.


Leefwêreld van die gestremde 24 September 2023

24 September 2023

Fanie du Toit vind meet uit van  die werksaamhede van die Paarl Skool se Ontwikkelingstigting. Jacqui January gesels met die ma van Hayley Holloway, ‘n energieke en sportiewe dogter, wat vroeër vanjaar met spierdistrofie gediagnoseer is.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: