12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Groeipyne 23 April 2020

23 April 2020

Johan van Lill praat met Lynette Beer oor kinders se verskillende temperamente, en hoe kennis hiervan jou kan help om dinge makliker by die huis te hanteer.


Groeipyne 16 April 2020

16 April 2020

Johan van Lill praat met Quinton Adams, ‘n opvoedkundige sielkundige, en onderwyskundige Alta Greeff oor die dinge waaroor ouers, versorgers en kinders bekommerd is in die grendeltyd van COVID19. Wat is jou vrese en wat kan jy daaraan doen in hierdie tyd van afsondering?


Groeipyne 9 April 2020

9 April 2020

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Elzette Fritz en Talitha Veldsman oor hoe om kajuitkoors te hanteer. Kinders kry kajuitkoors wanneer hulle vir lang tye in isolasie moet wees, weggaan vir ‘n vakansie en uit hulle gewone roetine moet funksioneer.


Groeipyne 2 April 2020

2 April 2020

Johan van Lill praat met onderwyskundige Jaco de Kock oor lekker dinge wat mens by die huis kan doen terwyl almal ingeperk is. Hy gee idees vir aktiwiteite wat jy met kinders van enige ouderdom kan aanpak, en waar leer gebeur sonder dat die kinders dit agterkom!


Groeipyne 26 Maart 2020

26 Maart 2020

Johan van Lill gesels verder met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor digitale ouerskap, hoe mens al die elektroniese huiswerk wat kinders nou van skole gaan ontvang kan hanteer, en wat is die belangrike vaardighede is wat kinders moet aanleer tydens afstandsonderwys.


Groeipyne 19 Maart 2020

19 Maart 2020

Johan van Lill praat met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor hoe ouers en versorgers die internet kan gebruik om sinvolle, stimulerende en leersame gesprekke met hulle kinders te hê. Ons verwys spesifiek na voorbeelde van TEDtalks wat mense kan gebruik om uitdagende situasies met hulle tieners te hanteer.


Groeipyne 12 Maart 2020

12 Maart 2020

Johan van Lill praat met dr. Marelize Vlok oor veiligheid by die huis en wanneer ons reis, en oor al die dinge wat in ‘n gesin se noodhulpkissie moet wees. Hoe hanteer ek algemene mediese gebeure by die huis, en wanneer moet ek dringend by Noodgevalle uitkom?


Groeipyne 5 Maart 2020

5 Maart 2020

Johan van Lill praat met Leanda Otto, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe die saamlees van boeke en storievertel jou band met jou kind kan versterk. Hulle gee wenke oor hoe om hierdie tye nog lekkerder te maak.


Groeipyne 27 Februarie 2020

27 Februarie 2020

Johan van Lill praat oor die uitdagings van immigrasie met Talitha Veldsman, ‘n opvoedkundige sielkundige, en twee ma’s wie se gesinne na Australië geëmigreer het.


Groeipyne 20 Februarie 2020

20 Februarie 2020

Johan van Lill praat met Daan Potgieter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk oor Wêreld Moedertaaldag op 21 Januarie. Sondag word daar op RSG ‘n simposium aangebied oor die belangrikheid van moedertaalonderwys, en Daan vertel ook waarna luisteraars kan uitsien.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: