23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Groeipyne 30 Januarie 2020

30 Januarie 2020

Baie mense het deesdae hulle kinders heelwat later in hulle lewe, en trou ook op ‘n hoër ouderdom. Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat dit het op die kind en ouer, en watter uitdagings daar is. Mense trou ook vir ‘n tweede of derde keer, en dikwels is daar dan ‘n redelike generasiegaping tussen die eerste sarsie kinders en die volgende, en ook tussen die twee ouers. Hoe beïnvloed dit jou ouerskapstyl en -aanslag?


Groeipyne 23 Januarie 2020

23 Januarie 2020

Johan van Lill praat met Talitha Veldsman oor al die eerstes in ‘n kind se lewe, wat ‘n sekere verantwoordelikheid van ‘n kind vereis: eerste selfoon, eerste troeteldier, eerste vervoermiddel, eerste uitslaap. Ons gee wenke oor wanneer en hoe ek weet my kind is gereed hiervoor, en hoe maak ek seker my kind kom sy of haar verantwoordelikheid na, of is en bly veilig.


Groeipyne 16 Januarie 2020

16 Januarie 2020

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige, oor wat om te doen as jou kind nie by die skool aanpas nie. Wanneer moet jy bekommerd wees? Hoe skakel jy met die skool hieroor? Wat kan jy as ouer of versorger doen om die kind te ondersteun?


Groeipyne 9 Januarie 2020

9 Januarie 2020

Johan van Lill praat met Amanda Uys, ‘n Graad 1-onderwyseres, en Talita Veldsman, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om die skooljaar reg aan te pak.


Groeipyne 2 Januarie 2020

2 Januarie 2020

‘n Gedagte wat wêreldwyd groot aanhang begin kry het die afgelope paar jaar, is dat ouers en versorgers aan die begin van die jaar moet besluit op ‘n ouerskapsfokus vir die jaar wat voorlê. Johan van Lill praat hieroor met Wynand Breytenbach, ‘n dominee, Charl Greef, ‘n biokinetikus. en dr. Chanelle Kemp,’n gesondheidskundige, oor dinge waarop gesinne hierdie jaar kan fokus.


Groeipyne 26 Desember 2020

25 Desember 2019

Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Lize Vlok oor dinge wat ouers en versorgers met kinders in die kombuis kan doen in die vakansietyd. Marinda is ‘n bekende glanskok en Lize is 11 jaar oud.


Groeipyne 19 Desember 2020

19 Desember 2019

Johan van Lill praat met Cynthia Linde oor wat om te doen wanneer die kinders in die vakansietyd baklei. Sy gee wenke oor hoe om die feestyd aangenaam te maak vir almal wat wil rus en kuier.


Groeipyne

12 Desember 2019

Johan van Lill praat met Francois du Plessis, ‘n karate-instrukteur, oor hoe om ‘n veiligheidsbewustheid by kinders te ontwikkel. Onderwyskundige Stoffel Goosen vertel van die opsies wat leerders in Graad 9 het om of ‘n akademiese of loopbaangerigte matriek te kies, en hoe dit vaardigheidstekorte in Suid-Afrika kan verminder.


Groeipyne

5 Desember 2019

Johan van Lill praat met Fanie Kriel, ‘n pastorale berader, oor die rol wat respek speel om geweld teen vroue en kinders teen te werk. Watter rol speel die gedrag wat jy vir jou kinders modeleer, en jou elke dag se optrede om die waarde van respek te vestig.


Kompas 27 Maart 2024

27 Maart 2024

Arehan Brand hoor by leerders wat die groeipyne was in die eerste kwartaal van die skooljaar, hoe hulle akademiese doelwitte vorder, en of hulle op koers is daarmee.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: