18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

17 Apr 2013

17 April 2013

Op 17 Oktober vanjaar vier die Weskus-skrywer E. Kotzé (oftwel Sussie Kotzé) haar 80ste verjaardag. Tydens die onlangse Woordfees is daar ‘n profiel-gesprek met haar gevoer deur die uitgewer Nèlleke de Jager en die digter Petra Müller. Kotzé is bekend om onlangse romans soos Hoogty en Toring se baai, asook kortverhaalbundels soos Halfkrone vir die nagmaal.


10 Apr 2013

10 April 2013

Die skrywer Dot Serfontein vier op 30 April vanjaar haar 88ste verjaardag. Tydens die onlangse Woordfees het haar dogter, die digter Antjie Krog, en verskeie ander haar met ‘n profielgesprek vereer. Hierdie geredigeerde gesprek, wat ook ‘n voorlesing deur die aktrise Antoinette Kellermann insluit, word deur prof. Dorothea van Zyl en Marius Crous ingelei. Serfontein se kleindogter, Susan Samuel, lees ook van haar werk voor.


27 Mar 2013

27 Maart 2013

Het jy geweet dat die oudste Afrikaanse geskrif in 1845 verskyn het en dat dit Afrikaans was geskryf in die Arabiese alfabet? Wat is tans die kwessies rondom die oorsprong van Afrikaans? Hein Willemse, professor in Afrikaans by die Universiteit van Pretoria, vertel meer oor kreolisering en die belang van Afrikaans in die Kaapse Moslemgemeenskap.


20 Mar 2013

20 Maart 2013

Kobus Burger, hoof van drama by RSG, gesels met die jeugboekskrywer Derick van der Walt oor sy jongste jeugboek, HOOPVOL. Dit het in 2012 die silwer prys vir Sanlam se kompetisie vir jeuglektuur gewen. Terrance April vertel meer van die skrywer Grace Ogat. Chanette Paul is een van die produktiefste skrywers in Afrikaans. Sy skryf sowel spanningsverhale as liefdesverhale. Christelle van Tonder het met Chanette gesels. Die 90-jarige skrywer, Elsa Joubert, vertel wat sy graag lees. Die gewilde avontuurverhaal-skrywer, Doc Immelman, is op 8 Maart op 84-jarige ouderdom in Windhoek oorlede. In 2009 het die ouduitgewer, Leon Rousseau, ‘n telefoniese onderhoud met Doc Immelman gevoer. Hierdie onderhoud uit die argiewe word nou weer uitgesaai.


13 Mar 2013

13 Maart 2013

Die letterkundige Willie Burger vertel in die gereelde gesprekke oor die kuns van die roman, oor die roman as resep tot betekenis. Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer, Ben Okri. Die woordeboekman Anton Prinsloo het ‘n woordeboek van bygelowe saamgestel. Bygelowe en waar hulle vandaan kom is die eerste omvattende naslaanbron oor bygelowe wat in Suid-Afrika verskyn. Die boek werp lig op die herkoms van ‘n duisternis bygelowe wat wêreldwyd bestaan. Corina van der Spoel het met Prinsloo oor sy jongste boek gesels en oor al die bygelowe wat hulle oorsprong in die teaterwêreld het. Nog ‘n storie uit die teater, hierdie keer uit die geskiedenis van die Afrikaanse teaterwêreld, kom uit Harry Kalmer se boek van verhale, Vlieger. Dis ‘n storie wat die verhaal vertel van ‘n opvoering van Shakespeare se Othelllo in Afrikaans in die Alexander Teater in die jare sewentig. Tobie Cronje, wat destyds self in die toneelstuk gespeel het, lees die verhaal, Die Moor. Joan Hambidge gesels met Catherine du Toit van die Universiteit van Stellenbosch oor haar vertaling van die Franse skrywer Michel Houellebecq se uitsonderlike digwerk. Hy is veral bekend as romanskrywer, maar in Frankryk is hierdie omstrede figuur ‘n bekroonde digter. Daar word gekyk na die werk van die Baudelaire van die supermark wat in sy siniese gedigte in opstand kom teen vele mites en leuens. Catherine du Toit vertel van probleme rondom die vertaalproses en hoe hulpvaardig die outeur was. Daar word ook van die gedigte voorgelees.


6 Mar 2013

6 Maart 2013

Terrance April vertel meer oor die Nigeriese skrywer, Kole Omotoso, wat al jare lank in Suid-Afrika woon en meer bekend is as die goedige oom in die Vodacom-advertensies. Die joernalis Ilse Salzwedel wat al verskeie pryse gewen het vir haar besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek, vertel meer oor haar boek, Onvertelde stories van Afrikaans. Sy vertel waar hierdie stoies vandaan kom en wie se stories dit is en sy sê ook waarom hierdie stukkies van onvertelde geskiedenis van Afrikaans so belangrik is. Het jy geweet dat die naam Thabo, vreugde beteken? En Tladi beteken weerlig – ‘n naam wat gegee word aan een wat gebore is op ‘n dag wat daar donder en weerlig was. Phumi Simelani-Kalumba het ‘n woordeboek van Suid-Afrikaanse inheemse name saamgestel met hulle betekenisse en oorspronge. Dis ‘n boek en naslaanbron wat kulturele konteks en geskiedenis fassinerend verweef, insluitend benoemingsrituele, en huishoudelike dispute waaruit name dikwels voorkom. Op dié manier word die boek ‘n belangrike etnografiese dokument. Corina van der Spoel het met Phumzile gesels oor haar boek, Jabulani Means Rejoice.


27 Feb 2013

27 Februarie 2013

Corina van der Spoel gesels met Suzette Kotze-Myburg wat een van die samestellers is van ‘n boek met debuutverhale. NUWE STORIES is die beste 21 verhale uit die inskrywings vir die kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig. Die letterkundige Willie Burger praat oor die kuns van die roman en oor die slotte en eindes van romans. Die skrywer Jan Huisamen, wat in die Richtersveld grootgeword het, is in 2011 in die ouderdom van 85 oorlede. Eers ná sy dood het sy boek, DIE VERHAAL VAN KATRYN: VROU VAN DIE RICHTERSVELD, verskyn. Die boek wat as fassinerend, meesleurend en onthutsend beskryf word, vetrel die verhaal van Katryn Jonis, ‘n formidabele vrouekarakter wat hopelik in die Afrikaanse romankuns ’n verwysingspunt sal word. RSG se hoof van drama, Kobus Burger, het met die redakteur van die boek, Suzette Kotze-Myburgh, gesels. Daar is baie mites oor die skrywer JM Coetzee. Joan Hambidge praat met Carrol Clarkson oor dié verkleurmannetjie van die Engelse letterkunde en hoe hy homself fiksionaliseer in sy verhale. Die onlangse biografie van JC Kannemeyer oor Coetzee en die studie van Derek Attwell word bekyk asook die redes vir Coetzee se vertrek na Australië.


17 Oct 2012

17 Oktober 2012

Die wenner van die Nobelprys vir letterkunde vir 2012 is pas bekendgemaak. Darryl Accone, boekeredakteur en kenner van Mandaryns vertel meer oor die Chinese skrywer, Mo Yan, wat die prys gewen het. Die bekende skrywer Elsa Joubert word op 19 Oktober 90 jaar oud. Corina van der Spoel het met prof. Willie Burger gesels oor die belang van Joubert se oeuvre en skryfwerk. Daar is ook ‘n onderhoud met Elsa Joubert waarin sy vertel hoe haar reis- en lewenservarings haar “ryp” gemaak het vir die storie van Poppie Nongena. Sy vertel ook wie die skrywers was wat haar beïnvloed het.


10 Oct 2012

10 Oktober 2012

Die Melville Poësiefees vind die naweek in Johannesburg plaas. Die digter en joernalis, Hans Pienaar vertel meer daaroor. Terrance April vertel meer oor die skrywer, Ken Saro-Wiwa. Lapa-uitgewers het ‘n grappiesboekie uitgegee wat saamgestel is uit Upingtonse skoolkinders se bydraes. ‘n Paar van die bydraers vertel hulle grappies wat in die boekie ingesluit is. Salman Rushdie se jongste roman, Joseph Anton, het pas verskyn. Darryl Accone, boekeredakteur van die Mail & Guardian vertel meer daaroor en hoe hy Rushdie in gesprek ervaar het. Dan gesels Joan Hambidge met Francis Galloway, ‘n kenner van Breytenbach, oor Breytenbach se verhouding met sy uitgewers.


3 Oct 2012

3 Oktober 2012

Corina van der Spoel praat met Leon Rousseau, skrywer van die Storieman-stories, oor die heruitgawe van die boek en sy Dr. Seuss-vertalings, of herdromings, soos hy dit noem. Terrance April vertel meer oor die Kaapstadse skrywer, Patricia Schonstein Pinnock. Dan gesels Willie Burger in sy gereelde gesprekke oor die aard en kuns van die roman oor genrefiksie en die rol wat plot speel. In die laaste deel van die program gesels Corina van der Spoel met die Nederlandse joernalis, Fred de Vries wat al 20 jaar lank in Suid-Afrika woon, oor sy boek oor Afrikaners, RIGTINGBEDONNERD: AFRIKANERS NA 1994.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: