13:00 - 13:05

Nuus

Nou op die lug: 13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Jacqui January

Volgende: 14:00 - 15:00

Derrich se Jam

Met Derrich Gardner

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

5 Sep 2012

5 September 2012

Corina van der Spoel gesels met Karin Eloff, voormalige redakteur van die tydskrif Loslyf, ontkleedanser, kopie-redakteur en nou medesamesteller van die erotiese kortverhaleboek Bloots. Cecile Cilliers, skrywer, resesent en rubriekskrywer en ook een van die bydraers tot Bloots, vertel watter boeke sy op die oomblik lees wat haar plesier gee. Corina van der Spoel gesels ook met Dawid Minnaar wat rol van Eugene Marais in die rolprent, Die Wonderwerker, vertolk. Hy vertel van sy voorbereiding vir die film, oor die boeke wat Eugene Marais gelees het en oor die ander Marais wat hier voorgestel word – die onnutsige een, nie die een wat melancholies en neerslagtig was nie.


29 Aug 2012

29 Augustus 2012

Die wenners van die Universiteit van Johannesburg-pryse vir skeppende skryfwerk vir 2011 word aangekondig. Daar is nuus oor die Mail & Guardian Literary Festival. Willie Burger gesels oor karakters in stories in ons gereelde gesprekke oor die kuns van die roman. Joan Hambidge voer ‘n onderhoud met siw historikus en skrywer, Dan Sleigh, skrywer van die roman Wals met Matilda, oor sy historiese romans, sy navorsing en dat hy meen ‘n skrywer mag ‘n resensent aanspreek oor ‘n “verkeerde” of negatiewe resensie. Corina van der Spoel gesels met Fanie Naude, wat onder die naam SJ Naude sy pryswenner debuut kortverhaalbundel, Alfabet van die voels, geskryf het. Hy praat oor die skrywer as buitestaander en ook oor die feit dat hy bewustelik gekies het om ‘n suksesvolle loopbaan in die buiteland te laat vaar om te skryf.


22 Aug 2012

22 Augustus 2012

Corina van der Spoel gesels oor die jongste boekenuus.


15 Aug 2012

15 Augustus 2012

Daar word gesels met die sekretaris van die Pothefstroomse leeskring oor die leeskringring wat al byna 50 jaar bestaan. Die letterkunde kenner Willie Burger gesels oor perspektief in die roman. Terrance April vertel meer oor die skrywer Gail Sobotmokwe. Joan Hambidge gesels met die digter en vertaler Charl JF Cilliers oor sy digkuns en die vertaling van Afrikaanse gedigte na Engels. Corina van der Spoel gesels met Piet de Jager, regsgeleerde, digter en filmmaker en nou ook vertaler van Albert Camus se roman La Peste. Geroges Lory, direkteur van die Alliance Francaise in Johannesburg vertel hoekom dit belangrik is dat groot boeke uit die letterkunde vertaal word.


8 Aug 2012

8 Augustus 2012

Corina van der Spoel gesels oor die jongste boekenuus.


1 Aug 2012

1 Augustus 2012

Daar is nuus oor die Booker-prys langlys waarop André P. Brink se nuwe roman, Philida, is. Daar is ‘n kort bespreking van vier nuwe Afrikaanse ligte romans met Christelle Webb-Joubert. Daar’s ‘n onderhoud met Leti Kleyn, medesamesteller van ‘n nuwe Afrikaans skryfgids en handleiding vir voornemede skrywers. Terrance April vertel meer oor die digter Kelvin Sole. Willie Burger praat in sy gereelde rubriek oor aspekte van die roman oor die proloog. Joan Hambidge gesels met Carina Stander oor haar debuutroman, Wildvreemd.


25 Jul 2012

25 Julie 2012

‘n Paar romans waarin die Olimpiese Spele ‘n rol speel, word bespreek. Daar is ‘n gesprek met PG du Plessis wat die Helgaard Steyn-prys gekry het vir sy roman, Fees van die Ongenooides. Hy gesels oor die vertaling van die boek waaraan hy nou werk en ook waarmee hy hom tans besig hou. Die digter Wopko Jensma sou op 26 Julie 73 jaar oud gewees het en daar word gekyk na sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse letterkunde en protesliteratuur. Terrance April het sy gereelde bydrae oor ‘n skrywer uit Afrika – vandag gee hy meer inligting oor die skrywer Veronique Tadjo wat oorspronklik van die Ivoorkus kom. Ten slotte is daar ‘n onderhoud met prof. Andries Oliphant oor die struggle-letterkunde van die jare 70 en 80, veral met betrekking tot die uitgewerye en skrywersverenigings van daardie tyd. Hy praat oor die reg van die skrywer om aanstoot te gee en satiriese bespottings te maak, maar ook oor die verantwoordelikheid van die skrywer om fyn te dink.


18 Jul 2012

18 Julie 2012

Twee groot stemme uit die Afrikaanse en Nederlandse literêre geledere het stil geword – dié van Gerrit Komrij en PH Nortjé. Anke Marais (14jr) van Kaapsche Hoop vertel hoekom sy so baie hou van The Hunger Games, ‘n trilogie van jeugboeke wat al weke op die beste verkooplys is. ‘n Gesprek met Willie Burger oor die literatuur en hoe stories inmekaar steek – hierdie keer oor openingsinne. Terrance April vertel meer oor die skrywer Wole Soyinka. In die laaste gedeelte van die program gesels die bekende letterkundige Joan Hambidge met die skrywer André le Roux. Hy is digter, romanskrywer, rubriekskrywer en ‘n eerlike op-die-man-af-verteller. ‘n Onlangse gedig wat op die internet verskyn het, word ook voorgelees.


11 Jul 2012

11 Julie 2012

Johan Badenhorst, vervaardiger van die Voetspore TV-programme, vertel van sy oudioboek, DRIE REISIGERS EN VALIANT SWART VAT WEER DIE PAD. ‘n Bonus in die program is ‘n voorlesing deur Dana Snyman van een van sy stories wat op die luisterboek verskyn. Joan Hambidge gesels met die bekroonde Nederlandse vertaler, Riet de Jong-Goosens, oor hoe daar besluit word op ‘n vertaling en die probleme waarmee die vertaler worstel. Hulle gesels oor die “valse vriende” tussen Afrikaans en Nederlands, die lesersgehoor in Nederland en die verskillende leessmake van die Afrikaanse en Nederlandse leser. Corina van der Spoel gesels met Riette Zaayman wat hoof is van die argiewe en spesiale versamelings by die biblioteek van die Universiteit van Johannesburg. Sy vertel van besondere boeke in die biblioteek en oor ‘n handgeskrewe manuskrip van die skrywer Eugene Marais wat onlangs aangekoop is vir die spesiale versameling.


4 Jul 2012

4 Julie 2012

Daar is nuus oor wat jy op die Boekefees by die Vryfees in Bloemfontein kan verwag. Marita van der Vyver vertel meer oor watter boeke sy graag lees en die letterkundige Willie Burger vertel hoe stories werk. Terrance April praat oor die skrywer Can Themba. Die skrywer TT Cloete het onlangs 88 jaar oud geword. Hierdie literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker is ‘n merkwaardige figuur op die Afrikaanse literêre toneel. Joan Hambidge gesels met hom oor sy gewildheid, die aard van die digkuns en wat hy lees ter inspirasie. Hy lees ook sy gedig ANNA voor.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: