05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 10:00 - 10:05

Nuus

10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Taaldinge 19 Maart 2023

19 Maart 2023

Om ‘n vreemde taal aan te leer maak nie net nuwe wêrelde oop wat betref musiek en letterkunde nie, maar kan ook help om werksgeleenthede en selfs verblyfreg te kry.  Prof. Angelique van Niekerk, hoof van die Departement, Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans by die Universiteit van die Vrystaat, vertel vir Ina Strydom van ‘n aanleerderskursus wat mense in staat kan stel om Nederlands genoegsaam onder die knie te kry om in die land te kan woon.


Taaldinge 12 Maart 2023

12 Maart 2023

Die Wet op Hoër Onderwys vereis dat al die inheemste tale op gelyke speelveld geplaas moet wees by universiteite. Dit vereis taalhulpbronne wat insluit taallaboratoria, tolkdienste, speltoetsers, en meertalige termlyste. Om te bepaal wat by die land se 26 universiteite beskikbaar is, word ‘n taalhulpbronoudit tans gedoen. Die toegepaste taalkundige, prof. Tobie van Dyk, vertel vir Ina Strydom hoe die oudit gedoen word.


Taaldinge 5 Maart 2023

5 Maart 2023

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans kom gereeld met nóg ‘n vindingryke idee of plan vorendag. Die jongste is ‘n digitale uitgewery wat ‘n aanvullende rol wil speel tot bestaande uitgewers. Die uitvoerende direkteur, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van hulle planne.


Taaldinge 26 Februarie 2023

26 Februarie 2023

Daar is vir die eerste keer ‘n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Dit dek onderwerpe wat wissel van lees- en leeronderrig; taalbeplanning en taalpolitiek tot psigolinguistiek, sosiolinguistiek en onomastiek, of naamkunde. Die redakteurs, proff. Tobie van Dyk en Wannie Carstens, en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek. 


Taaldinge 19 Februarie 2023

19 Februarie 2023

Wat het in 2022 met Afrikaans gebeur?  Watter hoogtepunte was daar en waar flikker die rooi ligte? In dié eerste program word daar op die hoogtepunte gefokus.  Prof. Wannie Carstens, dr. Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Rone Wierenga lig die jaar se winste uit.


Taaldinge 12 Februarie 2023

12 Februarie 2023

As deel van Moedertaalmaand, fokus ons op moedertaalonderrig.  Annelie van Jaarsveldt en Lara Erasmus van Afrikaans.com vertel vir Ina Strydom waarom moedertaalonderrig noodsaaklik is, en hoe Afrikaans.com leerlinge, ouers en onderwysers bystaan.


Taaldinge 5 Februarie 2023

4 Februarie 2023

‘n Taalkundedosent van die department Afrikaans by die NWU se Potchefstroom-kampus, Nina Brink, vertel hoe metonimie in babas en peuters se vroeë taalgebruik voorkom.


Taaldinge 29 Januarie 2023

29 Januarie 2023

Die Afrikaanse Taalraad is op vele vlakke betrokke om Afrikaans in al sy variëteite te bevorder en te beskerm. Die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die ondervoorsitter van die direksie, dr. Hendrik Theys, en die koördineerder in die Suide, Ria Olivier, vertel aan Ina Strydom wat hulle planne vir die jaar is.


Taaldinge 22 Januarie 2023

22 Januarie 2023

Dr. Phillip Louw is die nuwe hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy praat oor die noodsaaklikheid van skoolwoordeboeke in ander tale, die belang van moedertaalonderrig, en sy visie vir die WAT.


Taaldinge 15 Januarie 2023

15 Januarie 2023

Die aanspreekvorme, oom en tannie, het sommige mense warm onder die kraag. Ander meen dis ‘n teken van respek. Dr. Carla Ellis van die Universiteit van die Vrystaat het onlangs haar Ph.D verwerf met ‘n sosiolinguistiese ondersoek na die gebruik van dié aanspreekvorme. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor die studie en haar bevindings.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: